Author Topic: Koue wit  (Read 2065 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Koue wit
« on: January 05, 2021, 10:09:26 PM »
Kouwit

Bemasker... Gesaniteer... Geisoleer...
Vryheid ontneem maak seer.
Doodsweet... Masjienasem... Longpyp...
Koue wit realiteit
Konkelteorie? My gat.

Kouewit sif soos sneeu,
eers een, toe twee, vier, tien...
Verspryding skep paniek.
Bemasker... Gesaniteer... Geisoleer...

Regeerders sluit die deure,
Jan en allerman gaan tekere.
Toiletpapier sonder drank...
Vryheid ontneem maak seer.

Ongekende siek wees
Slaan die mensdom plat...
Mediese sentrums oorvloei...
Doodsweet... Masjienasem... Longpyp...

Sosiale media gons,
Google PhD versprei gemors.
Dodetal styg stadig maar konstant...
Koue wit realiteit.

Die tweede vlaag waai in
Met nuwe stringe kouwit sneeu.
Siekte... Sterftes... Hartseer...
Konkelteorie? My gat.

Konkelteorie? My gat.
Koue wit realiteit.
Doodsweet... Masjienasem... Longpyp...
Bemasker... Gesaniteer... Geisoleer...

©Naas Breytenbach
5 Januarie 2021


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Koue wit
« Reply #1 on: January 05, 2021, 10:45:13 PM »
 :icon_salut: :notworthy:  :crybaby2:

As daar ooit 'n beskrywing was vir hierdie nare siekte het jy dit vervolmaak Assie.
« Last Edit: January 05, 2021, 10:50:29 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Koue wit
« Reply #2 on: January 06, 2021, 12:03:25 PM »
Wassie ekkie Ta Raatjie. Was Oom Naas wat dit op Gevreetboek gepos het toe dra ekke dit maar diekant toe aan.
Oom Naas en Ta Elmarie dra swaar daai kant met die lat Ta Elmarie so mettie harregat oumense sukkel wattie wil masker en isoleer nie en dan vir Ta Elmarie kwaai raak as hulle die kouevoete ding optel.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Koue wit
« Reply #3 on: January 07, 2021, 11:08:39 AM »
Ai Assie, die nare gogga is lelike lelike ding diekant van die aardbol ook en soos jou geliefde oom Naas wil onse 'brose' gestelle liefs nie kennis maak met die virus nie. Ek leef in afsondering so ver moontlik.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Koue wit
« Reply #4 on: September 13, 2021, 12:25:06 AM »
Met 'n laaste drukkie en 'n afskeids groet, het hy my 'n laaste wuif toegewaai,
sien jou more lief vriendin, maar more is 'n ewigheid. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Koue wit
« Reply #5 on: September 13, 2021, 06:46:57 AM »
Flippit PM. Kyk hoe stuur jy nou koue rilling langs my krom ruggraat af...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Koue wit
« Reply #6 on: September 13, 2021, 07:04:53 AM »
PM jy sal moet kom beduie. Ek nou saam Naas aan't rille.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Koue wit
« Reply #7 on: September 13, 2021, 09:08:54 AM »
Toe ek sit en kyk na die woord "kouewit" en Naas se woorde, toe dink ek aan my geliefde vriend wat deur covid weggeruk is.  Ek sien hom in my geestesoog toe hy vir my 'n drukkie gee, in sy kar klim, 'n laaste wuif met sy hand en sê: Ek sien jou more.  Ongelukkig is more nou 'n ewigheid.  Daardie nag moes ons iemand gaan bystaan wat self iemand aan die dood afgestaan het en ek het hom nie weer gesien nie.  Hy is kort daarna opgeneem en het gesterf.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Koue wit
« Reply #8 on: September 13, 2021, 09:12:38 AM »
Die hartseer storie vir my is dat die covid mense in angs en vegtend na asem heengaan. Stoksielsalig alleen. Moeg baklei om te lewe.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Koue wit
« Reply #9 on: September 13, 2021, 09:19:16 AM »
Stoksielsalig alleen ja!  Dit is seker die ergste van alles. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Koue wit
« Reply #10 on: September 13, 2021, 10:26:29 AM »
My hart stukkkkkend vir jou part mater en vir almal wat help versorg en self geliefdes verloor. Ons eie Gawie was in ICU en op die punt om met ventilator kennis te maak. Was omtrent in 'n toestand toe haar dogter my kontak terwyl ons weg was  :crybaby2: Sy het genadiglik herstel en haar humorsin as kruk in die aaklige ervaring sal ek nog kom deel (net eers ja woord kry voor ek gaps en deel).

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Koue wit
« Reply #11 on: September 13, 2021, 10:29:27 AM »
Dit sal wonderlik wees as sy vir jou die jawoord gee Raaitjie.  Ek glo steeds dat 'n groot deel van genesing is om te deel.
Ek is so dankbaar dat onse Gawelinatjie aan die herstel is.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Koue wit
« Reply #12 on: September 13, 2021, 12:03:00 PM »
Julle, ja. Ons kan eintlik 'n nuwe blok net hiervoor oopmaak, veral waar ons ondersteunende vertellings kan griffel. Die laaste maande kom 'dit' al hoe nader aan ons vel, het 'n ds so tydjie gelede gesê. Ons het vriende verloor, iemand van 79jr, 84jr, maar ook 'n vriendin wat ek 'n jaar lank geken het en sy het elke dag oorgeloop van haar vreugde en liefde in en vir Christus ... sy was maar 26jr en was net 6 dae siek. Terselfdertyd het 'n vriendin, amper 3 maande in die hospitaal gelê, in en uit ICU en hoësorg ens ens ... sy is nou tuis, maar mag nog geen besoekers kry nie ... die ergste is net dat geeneen regtig ooit weet hoe dit met jou geliefde tussen daardie hoë siekemure gaan nie. En medici kan ook nie sê nie, want dis een dag op en die volgende weer baie af  :icon_scratch: :dontknow: :dontknow: :icon_scratch:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Koue wit
« Reply #13 on: September 13, 2021, 12:39:07 PM »
'n Vriendin van my se man het vir ons foto's gewys van haar, waar sy na drie weke in die militêre hospitaal in Voortrekkerhoogte gelê het, sonder 'n draad klere aan en haar privaatdele was bloederig gebrand.  Ek was naar!  Kan nie glo dat dit die behandeling is wat in 'n hospitaal toegelaat kan word nie. 
Dit is 'n groot probleem as daar nie besoekers toegelaat word nie, maar waar was haar dokter?
Hulle moes haar pragtige lang hare kort afsny, dit was so gekoek hulle kon dit nie uitgekam kry nie.   :crybaby2:
My vriend is besig met 'n hofsaak.  Hy is soos 'n bulldog.  Iemand gaan les opsê.

Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Koue wit
« Reply #14 on: September 13, 2021, 01:25:56 PM »
sjoeeee, ek hoop hy kom iewers met 'n saak, daar is seker baie baie sulke gevalle, dalk waarvan meeste familie nie eers weet nie.
Een feit staan vas, en dit het ek by my gewese kollegas geleer ... hulle weier om na sekere staatshospitale toe te gaan want, sê hulle, dis minder swaar om tuis dood te gaan as daar waar jy eers ten gronde toe verniel word en dan aaklig doodgaan.
« Last Edit: September 13, 2021, 01:27:41 PM by adele »
adéle  :grommit: