• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Beesstert alla Petronella

Started by PM, December 07, 2020, 09:08:05 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Beesstert alla Petronella
Lees eers die hele resep.


3 eetlepels varkvet (of olie)
2 kg bessterte (oxtails)
2 groot uie gekap
2 eetlepels suiker
6 knoffel huisies gekap
1 eetlepel koekmeel
3 aartappels in stukke gesny
3 wortels gekap
1 rooi soetrissie in blokkies gesny
2 selderystingels gekap
2 koppies kookwater met twee blokkies osstert- of beesaftreksel
2 hoederblokkies
3/4 koppie droƫ rooiwyn
2 eetlepels brandewyn
1/2 koppie tamatiesous
Peper na smaak
1 teelepel gedroogde  oregano
2 gedroogde brandrissies (of risiepoeier)
8 heel naeltjies
1 eetlepel gedroogde pietersielie (of 'n handjievol vars)
Alles gelyk geskraap:
1 teelepel gemmer
1 teelepel kaneel
1 teelepel komyn (cumin)
1 teelepel geel mosterdsaad
1 teelepel swart mosterdsaad
'n Half teelepel kardemom (cardamom)
'n half teelepel gerookte paprika

Meet eers al die bestanddele uit.

Braai die vleis in varkvet (of olie) tot goudbruin.
Plaas in stoompot.
Strooi die koekmeel oor die vleis.
Braai die gekapte uie en die suiker in die pan waarin jy die vleis gebraai het, tot goudbruin.
Voeg die speserye by die uie en braai vir so 2 minute.
Voeg by die vleis.
Voeg die rooiwyn en die brandewyn by en kook totdat die vleis sag is, maar nog nie van die been afval nie.  (Plus minus 45 minute.)  Maak die pot oop en kyk of die vleis reg is.
Voeg nou die aartappels, wortels, soetrissie, oregano, en seldery by. 
Kook stadig tot sag.
Voeg die pieterselie by.
Proe vir sout. Voeg sojasous (of sout) by indien nodig.
Om te weet is om te verstaan.