Author Topic: botswana deel 9 C  (Read 3959 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana deel 9 C
« on: July 05, 2011, 08:20:45 PM »
285 K afklimtyd



286 A Humps met die doeane gebou aan die agterkant. 



Heel eerste het ons in die ry ingeval om ons paspoorte te laat stempel en daar het ons seker maklik 30 na 35 minute gewag want die ry was lank en die beampte het elkeen se vorms ingevul wat nogal tyd gevat het.
Ek en Alida het mekaar maar afgeneem met die wegtydskrif wat in my sak was.

287 en 288 A





Oor die ferrie en runners ens:

alle koste ingesluit het vir ons so min of meer R1000 gekos.
die pont was 20 us $
die carbon tax word bepaal met die enjin kapasiteit. my bakkie is 2,7 liter.
die ander bakkie is 4liter en het sleepwa gesleep en het min of meer R1150 in totaal betaal.
bg pryse sluit die TIP uit. TIP = tydelike invoer permit.

Ons was die oggend 1/2 8 daar en daar was 93 groot lorries in die ry. die pryse sluit R50 vir runner in en nie die TIP nie. kan nie onthou wat TIP gekos het nie maar was nie vreeslik baie nie.
ligte voertuie kan vorentoe ry en na die botswana se uit doane was ons die 8 ste in die ry.
die pont het gestaan, moes 6 uur gebegin het en niemand het geweet wat fout is nie.
met die eerste pont (omtrent 8:30) wat van zambie oorgekom het, het van die runners gekom smous om solank die papierwerk aan die ander kant te doen en ons het vir Hump gebruik, ‘n ou met sulke gevlegte hare.

Die kazangula district council se een of ander belasting moes hy uitneem vir ons teen 10 000 kwatcha, ek weet nie of hy dit in kwatcha of rand betaal het nie aangesien hy vooruit betaal het. Die wisselkoers is veronderstel om 450 kwatcha per rand te wees en ons het dit met hom bespreek voor die tyd en agterna toe ons hom betaal het hy aangedring op 400 kwatcha per rand, dus het dit duurder gewees as wat nodig was.
Ek kon dalk 450 kwatcha wisselkoers gebruik het en net gery het maar hy kon maklik dan die soldaat by die hek vra om ons voor te keer en baie probleme te gee.

Die 3 de party versekering kos 225 000 kwatcha wat hy ook betaal het.

As ek toe geweet het wat ek nou weet sou ek met die eerste ferrie oor zambie se kant toe gaan as passasier ( verniet) die bakkie by my pelle gelos het en gevra het dat hulle die bakkie oorbring wanner dit hulle kans is, en ek sou solank die papierwerk doen op 4 plekke:  pont, 3 de party, kazangula district council, daardie 3 het hulle eie kantore in losstaande geboue en die 4 de papier is in die doeane gebou waar jy die TIP (tempeory import permit) by die toonbank langsaan die immigrasie (paspoort stempel) uitneem. kan nie meer onthou wat sy koste was nie dit word teruggeneem wanneer jy die land uitgaan.
Die pont moet in dollars betaal word.
Die TIP het ons in rand  betaal ek dink dit was so om en R150 na 200 kan rêrig nie onthou nie.
By daardie toonbank het ek 2 en half ure gewag en daar was net 4 mense voor my, nuwe stelsel wat Afrika se mense nie verstaan nie. Net 2 boeke waar jy kan invul en dan loop hulle agtertoe in kantoor en prosesseer dit en kom na so 30 minute terug.
Ons totale tyd van by grens kom aan Botswana se kant tot wegry zambie in was 5 en half uur.

Toe Faffa hulle na 3 dae terugkom oor die ferrie vra iemand aan Zmabie se kant of hy gou die papiere kan sien wat hulle gekry het met die inkom slag. Hy sê toe dat hulle te veel betaal het. Dit blyk toe te wees dat die beampte vul die boek duplikaat in sonder deurslag papier en ons kry die boonste deel wat meer as die nodige bedrag is en die onderste blad is die bedrag reg en die verskil deel die runners en die beampte.

Aan zambie se kant het 97 lorries gestaan wat moes oor rivier.



Ek het al gewonder ( as jy vooraf weet hoe lank dit gaan neem) of dit nie dalk beter gaan wees om deur Caprivi te ry en die ekstra koste van 3 de party versekering in namibië te betaal en 140 km ekstra te ry nie. Daardie koste by namibië was R160 wat min of meer selfde as die pont se koste is, is net die 140 km wat dan ekstra brandstof is. die frustrasie sal ook minder wees.
ek glo ons sou binne 3 ure op die pad gewees het noord van die pont verby.

Maar die pont is ook 'n ander belewenis, gee net genoeg tyd vir jouself.

Ek glo Albertus sal die dag nie vergeet nie want dit was sy 60 ste verjaardag. Hy het oor die grensdraad wat plat is, na Zim oorgeklim, met die ferry het ons volgens die gps ‘n vinnige draai in Namibië gemaak op die rivier en hy was in Botswana die oggend en die Middag in Zambië, 4 lande op sy verjaardag besoek.

Dit lyk soos malhuis daar by buite die doeane. Mense, voertuie en goedere.

Ons is so 1 uur se kant deur die doeane en by die soldaat verby oppad Zambie in en aan daardie kant staan die lorries net so en wag. Een lorriedrywer het gesê hy het al tot 5 dae gewag daar. Vra hom toe hoekom hy dan nie Caprivi om ry nie sê hy dit sal  R4000 ekstra kos vir wat Namibië vra om die goedere in “transist” deur te neem. Nou wonder ek of ‘n lorrie kan 4 of 5 dae staan vir R4000 ekstra koste?

Ek het ook gesien die lorries se 5 de wiel skarnier maar erg by die op en afry by die ferrie daar kan maklik skade kom. Die lorries is gebou vir plat pad.
 Wonder wat doen die klomp mense om kos te maak en toilet toe te gaan en kos te maak en skottelgoed te was en klere te was. Dit lyk maar vieslik daar rond en dan sal die vrouens van die nag seker ook nog kom besigheid maak terwyl die manne met die lorries wag.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.