Author Topic: 50 jaar  (Read 1815 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
50 jaar
« on: June 19, 2020, 08:24:51 PM »
Hulle sit in die tuin
maar soos in outyd se opsitdae,
is die bankie se linkerkant
en anderkant ver uitmekaar.
Sy loer skalks na hom
en hy laat glip die masker af,
blaas guitig ‘n soentjie na haar.

Herinneringe blink in haar oë,
in hulle Bybel is daar nou nog
‘n gesteelde rooi rosie,
in ‘n geur van liefde het hy
dit skaam-skaam vir haar gegee
en ‘n doring het haar gekrap!

Nou verplig ‘n satansding
‘n wydte soos die see tussen hulle,
maar sy giggel stout
en koggel dit uit,
want soos vyftig jaar al
slaap sy en haar geliefde
vanaand weer bymekaar.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 50 jaar
« Reply #1 on: June 20, 2020, 05:27:39 AM »
 :notworthy: :icon_salut: Ek graag weet waar die inspirasie vir die ene vandaan kom matertjie.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 50 jaar
« Reply #2 on: June 21, 2020, 04:47:54 PM »
 :toothy4: dankie lief Raaitjie, ek wou die kkômminnn-------geit van die reëls en regulasies hier uitwys, maar soos gewoonlik skryf die storie ditself toe verder....
EK staan by 'n 'till' en betaal toe 'n personeellid van die winkel die 2 mense agter my vra om uitmekaar te staan... die vrou antwoord toe ''ons klim net nou saam in dieselfde kar en ons slaap vanaand bymekaar.''  :icon_scratch:
hier mag 50 mense nou kerk toe gaan of 'n begrafnis bywoon, maar nie 'n troue nie. Slegs die paartjie en getuies mag iewers wees waar hulle wil trou.  :dontknow:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 50 jaar
« Reply #3 on: June 22, 2020, 03:09:54 AM »
Dit is soms werklik totaal en al belaglik hoe hulle alles uit verband ruk. Dankie baie baie vir terugvoering. Nou weer gelees met die 'agtergrond' ingekleur en verstaan!
 :love7: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 50 jaar
« Reply #4 on: June 24, 2020, 11:44:25 AM »
Dit is goed saamgevat matertjie.  Ek lief die humor daarin.  Die stoutigheid.   :love7:


Ek stem saam Raaitjie.  'n Mens sukkel om die kluitjie by die oor te bring.  Hulle het die klokkie hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie.  Hoe lank nog?
Al ons ander kinders is oorsee, maar die een wat nog hier naby is, is ver oor die grense heen.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 50 jaar
« Reply #5 on: June 24, 2020, 12:36:44 PM »
Ek is bly jy lees die gedagte om bietjie lig-positief te raak, daarin vriendin.  :toothy4: Ek whatsapp nog vir jou n foutokie van Chris, jy het mos oor hom gevra  :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 50 jaar
« Reply #6 on: June 24, 2020, 01:25:01 PM »
Ja lief matertjie.  Ons loop nou al 'n jare lange pad saam en ek wil regtig weet van jou lief en leed en hierdie klink vir my na lief!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.