• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

In misgewaad

Started by adele, March 27, 2020, 10:27:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

op die naaste berghorison
in misgewaad toegevou,
breek die nuwe dag aan;
frummel die nag se swart
tussen sy kloofvingers
tot duisend skakerings van grys
en tussen venus
en 'n halwe maan
gryp 'n dowwe ster na my,
sleep my saam
na 'n wegkruipplek
'n ruimte in die ewigheid
tussen die verste swart gate
waar geen sonligstraal
my diepste seer
in ewigheid
sal kan gaan haal

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Ek sien hierdie pragstuk van jou is al oor die 500 kere gelees.  So dink ons dat ons gegriffeltjies ongesiens verby gaan, maar ek belowe jou, dit doen nie.
Dankie dat jy jou skrywes met ons deel lief matertjie.  Ek waardeer elke woord. 
Om te weet is om te verstaan.