Author Topic: Waaroor kla ons?  (Read 1707 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Waaroor kla ons?
« on: December 08, 2019, 07:32:00 PM »
Vriende, goeie mooiste môre vir julle!

Uit ‘n gedagte- of oordenkingsboek van ds Solly Osrovech lees ek iets oor kla. Ons kla wanneer dinge nie gaan na ons wil nie, en selfs dan sal ons ook kla, tref dit my. Kla ons omdat ons ‘n gees van murmurering oor ons laat kom? Kla ons sommer omdat kla kla is, of stort ons ons hart voor God uit, omdat ons werklik oor iets ongelukkig voel?

Hoeveel rede het jy werklik om te kla? Het jy ‘n huis, voertuig en klere? In watter skool is jou kinders? Waar hou jy vakansie en wat eet jy elke dag? Ek hoef nie voorbeelde te noem nie, al dink jy selde indien ooit, aan ander wat nie so bevoorreg is nie.

Daar is iets wat al ‘n keer of wat virtueel by my verbygekom het, ‘n stukkie statistiek wat vertel dat as jy so en sus, huis en voertuig ens besit, jy onder die 5% rykste mense op aarde is. Is jy deel van daardie bevoorregte groep?

Dan lees ek deur Psalms en sien dat daar heelwat oor murmurering geskryf is en ek besef, ja, ons mag die ongelukkigheid in ons binneste, teenoor God uitstort. Maar nie omdat ons nie glo nie, nie omdat ons nie in ons welaf lewe, net meer en meer wil hê nie. Dan is ons gewoon net ondankbaar.

Maar ons vrees en angs wat ons vrede wegvat, ons vreugde steel, lê dit voor God se voete neer. Laai dit by die kruis af, sê iemand. Habakuk het gesê ‘nogtans sal ons die Here loof,’ ten spyte van …

Daarom, liewe vriend en vriendin, voor jy opstaan, sluit eers jou oë en groet jou Vader, vra Hom om jou van hierdie oomblik af te lei en te dra sodat slegs sy wil geskied. Maak seker dat jy teen vanaand besef en weet hoe wonderlik dit was. Dan wil jy dalk kla omdat die dag so gou verby is. ‘n Kleuter se kuier by ouma en oupa was so lekker, hy wil nie huis toe gaan nie. So voel dit as die aand jou tot rus laat kom en jy besef slaaptyd breek aan. Al sal God jou nie eers in jou rus alleen laat nie.

Maak die meeste van hierdie dag!

©adéle
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waaroor kla ons?
« Reply #1 on: September 13, 2021, 10:48:35 AM »
Dit is goed so om sou nou en dan in die bek geruk te word.  Ons kla te maklik. Ons moet meer dankbaar wees, want daar is niks om oor te kla nie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.