• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gebore om dood te gaan

Started by Naas, December 02, 2019, 11:22:05 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

1ste Januarie word 'n jaar gebore...
31ste Desember gaan hy dood.
Tussenin gebeur die lewe...

In pyn word lewe gebaar...
Met liefde gekoester en gegroei...
Wanneer Desember aanbreek...
Pyn... lyding... harsteer... afskeid...

31ste Desember is alles verby...
Die lewe het gebeur...
Verlange en vrae bly...
...................................???


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Die lewe is hard my maat... kliphard en die meeste vrae gaan daar nooit antwoorde voor wees vir ons nie  :crybaby2:

Assie

Ja Oom Naas. So sit ons nou covid-gelym in 2020 vas. Loer ons by die deur uit is ons jaar verby...

:mumum:

Meraai vannie Baai

Vreesbevange was nog nooit so deel van 'n mens se lewe nie. As ek nou 'n groep mense bymekaar sien voel dit of iemand my keel toedruk. Ek leef soos 'n kluisenaar :crybaby2:

Assie

Heen en weer
in tronksel huise,
geslot met kouewit grendels,
vasgekerker in vrees
word lewens ingeperk.

Een prik...
Twee prik...
Phizer
kan kettings breek.
Maar onkunde,
selfsugtige domastrantheid
se vrees,
keer
dat
virus
ent.

:mumum:

Meraai vannie Baai

 :notworthy: :hello2: :book1:

Lig my hoed en knak my knieg! Daardie laaste woorde som die domastrandheidsprobleem een vir een perfek op!

PM

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas, na aanleiding van Elmarie se stryd met oumense wat weier om geprik te word, maak hierdie baie sin. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Jip. Ek beleef die virus in sy naakte ongurigheid en het geen tyd vir domonnosel idiote wat hulself en ander in gevaar stel omdat hulle selfsugtig is nie.
Niemand kan in vandag se tegnologie se hulle is nie ingelig nie.
Maar hulle glo al die stront wat leke vir hulle optower.
Op die ou end wanneer hulle siek word en onskuldiges aansteek dring hulle aan om gehelp te word.
Wag laat ek liewer stilbly...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Help my nou uit asseblief.  As ek geprik is ervaar ek net die siekte in 'n ligter graad. Reg?
Kan ek nog ander mense aansteek?
Is ek gevrywaar van die siekte?
Is die inenting nie net vir my eie beskerming nie?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die eerste prik werk eers na 14 dae so in daai tyd kan jy nog lelik siek word.
As jy die prik gehad het en. Jy word siek verminder jou kanse om ernstig in die hospitaal te beland met 90%
Ja jy kan nog ander aansteek en ja jy kan nog siek word maar jy sal nie so ernstig siek word nie.
Die bejaardes by ddie ouetehuis wat ingeent is word sommer gou gesond en sukkel nie te veel met asemhaling ens nie maar die sonder entstof gaan maklik dood. Soos ek se, reeds 4 sedert Woensdag en nog 'n paar sukkel met asemhaling terwyl Elmarie nerens suurstof of plek in hospitale kan kry nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hier by ons glo die mense dat kouwwit sal ophou sodra almal geprik is.  Ek weet darem nie.  Ons is maar steeds baie versigtig en ruik soos alkohol op wiele. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Covid is hier om te bly maar soos polio en al die ander siektes kan ons dit beheer deur vaksinering.
Die probleem is dat die virus aanhoudend gaan miteer as ons dit nie onder beheer kry nie en dan gaan ons nog baie jare sukkel.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek glo dat tegnologie sal oorheers.  Soveel aaklike siektes is oorkom met entstof en ek glo nie covid sal 'n uitsondering op die lys wees nie.  Dit is net 'n kwessie van tyd.  Wat is jou siening aangaande die 3de prikkie?  Dink jy ons staan 'n kans, of dink  jy dit is nie nodig nie?
Daar is soveel spekulasie om die derde prik.  Die who meen ook dat dit nie beskikbaar sal wees voordat almal 'n tweede prik gekry het nie.  Hulle praat ook van 'n prik per jaar.  Hoe dan nou?

Om te weet is om te verstaan.