Author Topic: 29 September 2019  (Read 2754 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
29 September 2019
« on: November 29, 2019, 08:55:47 PM »
Goeie môre vriende

God se pad is nie almal op aarde se pad nie. Maar almal op aarde is op ‘n pad. Watter pad stap jy? Gaan iemand na aan Jesus, jou op dieselfde pad kry?
EK trek in my verbeelding paaie op ‘n tekenbord. Dis nie moeilik om ‘n paar breë strepe te trek nie, sig-sag-strepe of paaie in sirkels, skuins en krom waar hulle mekaar kruis. Maar dan moet ek ‘n nou paadjie tussen hulle deurtrek. Hier en daar sal hulle moet kruis.

En dit is net daar waar iemand jou gaan inwag. En jy kan sy hand vat en saam stap. Saam na waar God op julle wag. Hy is altyd reeds daar waarheen jou voete jou lei. As jy iemand ken wat soekend is, uitreik na jou hand, vat syne stewig vas. Dan is die kanse minder dat hy jou sal los, want jy is die een wat vashou. So is dit ook met God se Hand. Laat Hy jou vashou, dan is die kanse minder dat jy Hom sal los en wegraak; Hom uit sig sal verloor.

Liewe vriend, vriendin, elke keer wanneer jy swak voel, of wanneer jy tou opgooi in die swaarste tye van die dag of maand of jaar, weet vir seker dat een van God se kinders reeds naby jou sal wees om jou hand vas te gryp, jou op te tel indien jy dalk reeds gaan sit het. En as die mat onder jou voete uitgeruk is, weet dat jy net op jou knieë hoef te kom, daar is jy die naaste aan ons SkepperHeer.

Wil jy iemand wees wat ‘n ander se hand gaan neem? Stap dan ‘n bietjie stadiger, elke keer wanneer die nou paadjie waarop ons stap, ‘n kruising met die breë, dubbelpad nader. Weet vir seker dat daar ‘n persoon gaan aankom wat begeer dat iemand sy hand moet gryp en hom oortrek na hierdie nou paadjie. En as jy nie gaan kans sien om daardie mens se hand vas te gryp nie, moet jy eers bietjie gaan stilstaan. Stilstaan en oordink hoekom nie.

Is dit jou grootste vyand? Of is daardie hand vuil, jare laas gewas, of erger nog, vol sere of so skurf en anderskleurig, soos ‘n deurmat? Terwyl jy dan op ‘n klip langs die pad gaan neersak en wag vir ‘n volgende iemand wat aan jou standaarde sal voldoen, gaan jy dalk ervaar hoe Christus in jou plek, daardie hand wat jou afgestoot het, gaan vas vat. En dalk verder nog, daardie persoon gaan optel en dra, sou dit iemand wees wat reeds lewensmoeg is.

Moet nie agterbly nie, vriende. Wees gereed om Christus se voorbeeld te volg, Moet nie dat jy die nou pad byster raak en jou skielik op die breë pad wat na vernietiging lei, bevind nie.

Maak hierdie Sondag vir julle mooi, kniel neer om ons Hemelse Vader met eer en aanbidding te smeek om ons te vergewe en te laat vergewe.

Groete in Christus
©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 29 September 2019
« Reply #1 on: November 30, 2019, 10:50:29 PM »
Gegroet is jy lief mater van my, duisend en tien dankies vir al jou geestelike krukke wat so getrou gedeel word met ons. Mag jy 'n wonderlike kersseisoen beleef.  Ek gaan 'n breek neem vir eers en my mensies geniet. Hierdie tyd van jaar is alles mos meer spesiaal en kosbaar :love7:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 29 September 2019
« Reply #2 on: December 01, 2019, 05:23:22 AM »
Geniet dit en pas jou mooi op. 'n Spesiale gebed vir jou, lief vriendin, mag die nuwe kersseisoen oorgaan in 'n pragtige nuwe jaar vir julle  :love7:  :love7:   :love7:
adéle  :grommit: