Ek verstaan so klein bietjie van jou seer oor wat was, jou moedeloosheid wat tans soos 'n mantel om jou hang en jou angs oor more ... elkeen ervaar kanker en behandeling en remissie en verlore stryd anders as die een agter of voor jou. Elkeen klou vas aan iets anders vir troos ...vir my is geloof in God alles, ek loof en prys die Here met die woorde ".... nogtans sal ek God loof en prys"
Maar ja, te midde daarvan het ook ook baie trane gestort, voor, tydens en na die Weggaan van my geliefdes. En vandag? Soms gebeur iets, 'n stukkie musiek, aanhoor van 'n geselsie van onbekendes in 'n winkel, 'n opskrif in 'n tydskrif, dan loop my trane maklik.
Ek wil nie graag ander se gevoelens openlik deel nie, hulle seer (en soms afsku oor K) lê te diep, maar een ander troos is, ons is nie alleen in die ondervindinge van kanker nie. En ander siektes? Sommige is erger, ander minder, maar dieselfde angs, moedeloosheid en seer hang in en oor baie geliefdes en naastes in Christus en buite ons kringe.
Sterkte lief maat, altyd is ons maar net 'n paar woordjies of oproep ver.