Author Topic: Kom herkou saam aan Metafore  (Read 8516 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Kom herkou saam aan Metafore
« on: November 12, 2019, 03:40:52 AM »
Dit is geen geheim dat ek gereeld ons skrywersmaters se woorddisse metafories verslind soos 'n geurige bord kos nie en ek het begin wonder hoeveel soortgelyke uitdrukkings kan gekoppel word aan ons liefde vir eet en drink? Soms kan ek nie help om hardop te giggel wanneer opmerkings soos 'opvreetbaar oulik' gebruik word nie. Die prentjie wat my geestesoog skilder is glad nie so onskuldig nie en half barbaars. Ons daaglikse spreektaal is ewe eens ook gepeper met sulke voorbeelde.

Dit is maklik om te onderskei tussen vergelykings en metafore al verskil hulle nie veel van mekaar nie. Vergelykings gebruik 'soos' waar metafore aandui dat die een ding die ander is.

Gerhard van Huyssteen het die volgende opmerking gemaak: Metafore maak konsepte meer verteerbaar. 

Wat my oog dadelik gevang het was die opmerking wat wegkruipertjie gespeel het in die 2de paragraaf: "Vanaf die 1980’s het daar ʼn sterk denkstroom ontwikkel dat gewone taalgebruik deurspek is van metafore. Ons gebruik elke dag konkrete dinge om meer abstrakte sake mee te verwoord."

Ek het hierdie pragtige voorbeelde wat prof Nerina Bosman (Universiteit van Pretoria) aanhaal, geleen:

* Hy eet, drink en slaap skaak.
* Jy drink die skoonheid in.
* Dronk word van die liefde.
* Ek is gekou op die tennisbaan vandag.
* Sluk swaar aan die nederlaag.
* Skuldgevoelens vreet aan jou.
* Iets vir soetkoek op eet.
* Geduldig vreet ons baie op van ander.

Daar is ook baie ander metafore uit die Bybel - ware voeding vir ons siele. Dink maar aan die Fariseërs wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk en die oorbekende 'sout van die aarde'.
 
Bron:  https://viva-afrikaans.org/nuus/item/253-metafore-maak-konsepte-meer-verteerbaar

Ek het ook hierdie skakel ontdek in my soektog: https://blog.reedsy.com/metaphor-examples/
The Essential List of 97 Metaphor Examples in Literature and Pop Culture

Ter opsomming kan ons dit dus saamvat dat 'n metafoor eintlik maar net 'n kreatiewe, literêre geurmiddel is wat ons verbeeldingryk, vergelykings laat tref tussen twee verskillende dinge deur aan te dui dat A is B.

Metafore kan deur hierdie metode van vergelyking help om konsepte en idees te verklaar deur die onbekende, kleurvol aan die bekende te koppel; die abstrakte tot die konkrete; die onverstaanbare vir die verstaanbare.

 :toothy4: :notworthy: :headbang:

« Last Edit: November 12, 2019, 03:54:19 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom herkou saam aan Metafore
« Reply #1 on: November 12, 2019, 03:59:41 AM »
Die woorddief was weer bedrywig en hierdie puik voorbeelde van Naas stal ek met intense genot hier uit:

In die tronk van ‘n skedel

Tussen die leegtes van die ruimte
in die holtes van die been,
verdwaal daar stilstom stemme
roepend om hul heen.

Die geklang van siel se slotte
sluit die wêreld van hom af,
waar die skares van alleen wees
worstel met sy eie straf.

Hoekoms jaag die waaroms
in kringe deur die kop.
Verwese sit die selfverwyt
met kasty se hoedjie op.

In sy eie kopbeen tronk
dawer nog net die berou.
Vergifnis is die staaldeur
wat hom nou nog binne hou.

© Naas

Moskonfyt polka

Loop katvoet deur my woorde
want knyp en byt
is dalk net moskonfyt.

Loop ligvoet waar jy trap
voete vol moskonfyt
keer dalk die joligheid.

Loop dansend tussen my lyne
want moskonfyt se stroop
sal oorsoet daardeur loop.

© Naas
« Last Edit: November 12, 2019, 04:11:31 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom herkou saam aan Metafore
« Reply #2 on: September 13, 2021, 08:35:37 AM »
Voorwaar meesterlik. 
Om te weet is om te verstaan.