• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

magrietjies

Started by adele, November 04, 2019, 03:17:21 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

magrietjies

tot stof verpoeierde veldpaadjies
loop deur die afgebrande veld
'n aasvoël draal daar rond
as dood se reuk in 'n droë wind
opwarrel na die blou daarbo

dan vou wit magrietjies hul blare
wydoop tot ronde waaiertjies
skeppingsliefde van ons Vader
vir die mooi en kosbaar reine
as Hy sy Hand daaroor streel

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Soos altyd, pure leesgenot Matertjie.  :notworthy: :hello2: :love7:

adele

adéle  :grommit:

PM

Die kontras skreeu!
Jy weet hoe!  Ek lief dit!
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

PM

Ek dink ons moet hierdie die "Kontrasgedigstruktuur" noem.  Wat sê julle!

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek sien dat hierdie plasing al by die 1000 keer gelees is.  Ons is erg "belese" hier op die forum.  :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

PM

Dit werk reeds matertjie.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lief dit!! Ons eerste nuwe digstruktuur in te lank se tyd  :book1: :notworthy: :hello2:

PM

Skouer aan die wiel!  Pen op papier!  Voorwaarts mars!
Om te weet is om te verstaan.