Author Topic: Tussen lewe en leef  (Read 705 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Tussen lewe en leef
« on: September 16, 2019, 09:42:59 PM »
Tussen lewe en leef

Trane rol teen glas en beton
soms droog dit op
soms blom die son
bestraal sy warmte jou om te lewe-
stylvol tussen roseblom
of huppelend deur velde vol daisies,

maar in jou hart en siel
daar haal jy asem
daar mymer jy … dig jy
lê jou liefde in ‘n mandjie
leef jy om dit uit te deel,

en tussen lewe en leef
druppel reën in jou hart
tot sonlig jou asem,
jou heel binneste verwarm.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3657
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Tussen lewe en leef
« Reply #1 on: September 17, 2019, 04:57:14 AM »
... en so deel jy jou kosbare liefde met ons  :hello2: :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10684
  • Gender: Female
Re: Tussen lewe en leef
« Reply #2 on: September 15, 2021, 03:19:47 PM »
Baie mooi geskryf.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.