• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Soek dringend 'n nuwe wagwoord sebliefie PM

Started by Meraai vannie Baai, October 17, 2019, 07:07:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

HELP!  :toothy4: :notworthy: :`ip2:

O dierbaarheid die liewe tegnologie. Net gou laat weet dat as ek skielik stil raak geen rede tot kommer. Behalwe 'n paar nuwe aanpassings op die asemdiefpad het my rekenaar ook nou met streke begin. Ongelukkig het ek nie meer my wagwoord om van 'n ander device in te teken nie. As ons forummoeder dalk hier lees, matertjie ek het dringend 'n nuwe wagwoord nodig voor ek nie van my rekenaar af kan inkom waar ek permanent aangeteken is hier juis omdat ek nie die wagwoord kan onthou nie. My tikkertjie is op laaste bene en kan my enige oomblik in die steek laat. Ek het ook nie 'n wagwoord as admin om te loer of ek selfhelp kon toepas nie.
:icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai

#1
Het enige iemand dalk nog persoonlike kontak met PM? Ek het nou op drie maniere probeer kontak maak. Hou styf duime vas ek kry dit voor my tikker finaal groet  :bootyshake:

Naas

Ons hoor ook min van PM. Blykbaar is ontvangs daar op Leeupoort nie baie betroubaar nie. Ek raak ook by tye bekommerd omdat sy en Hannes nie een sterk gesond is nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :icon_salut: Die uwe kon die forumslot oopsluit. Dankie baie baie liefste PM. Dankie ook vir jou inloer Naas  :love7:

PM

Na die eerste beroerte het dit beroerd gegaan.   :icon_biggrin: 
Daar was tye wat ek voor die rekenaar gesit het en nie geweet het hoe om my e-pos oop te maak nie. 


Of all the things I've lost in life,
I mis my brains the most!    :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jou humorsin is aansteeklik lief PM  :love7: Soveel respek vir hoe jy jou kruis dra, 'n soortgelyke kruis gedra en verstaan so goed dat dit eintlik seermaak want die een wat nog nie kennis gemaak het met beroerte nie, wis nie hoe jou brein jou in die steek kan laat nie (en dit het niks met masels te doen nie lol)

PM

Dit het dalk iets met masels te doen.   :angel4:   Soms voel my brein stokstyf.   :angel12:  Willie meegee nie.  Dit is wonderlik om te sien hoe hoe 'n mens se brein self kan herstel.  Vandag gesels ek met my makelaar, vertel ek hom van die tweede aanval.  Toe ek bykom lê ek op my bed en die ambulansmanne is druk besig met my.
Verduidelik hy dat die brein sy eie metodes het om 'n mens veilig te hou.  Sodra dit nie bloed kry nie sny dit uit en jy val om.  Wanneer jy plat lê vloei die bloed terug na jou brein en whala! 
Seg hy ook vir my ek moet 'n  bietjie oplees oor groen groentes.  Blykbaar maak dit die bloed dik en dit is een van die grootste probleme as dit by beroerte kom.  Ek sal gaan huiswerk doen en kom vertel, maar as jy intussen wil help sal ek dit waardeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ai PM, wens ek kon langs jou gaan sit dat ons mekaar so deur die seer kon ondersteun met ten volle verstaan waardeur elkeen gaan wat kennis maak met hierdie onding in ons are. Ek het iewers by die asemdief inligting gehad oor al die groen groentes ens. wat vitamine K bevat, dit is die sondebok in bokkos wat laer trek in die bloed.  Die geheim wanneer ons bloedverdunners moet gebruik is om die inname van hierdie sondebokke so ver moontlik dieselfde te hou sodat die dosis van warfarin bv. aangepas is by ons dieet. Dit is nie te se ons moet dit in geheel vermy nie. Ons liggaam het dit nodig. Selfs die inname van rooiwyn moet konstant bly  :icon_biggrin:

Hierdie skakel het 'n hele lys van vitamine K ryk voedsel en die aanbevole porsies
https://www.uofmhealth.org/health-library/abo1632

Warfarin en Vit K
https://uihc.org/health-topics/warfarin-your-diet-and-vitamin-k-foods

https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/thrombophlebitis/expert-answers/warfarin/faq-20058443

https://www.medicalnewstoday.com/articles/324419#overview

Hier is 'n wonderlike hulpmiddel wat deur die University of Iowa Health Care saamgestel is:
https://uihc.org/health-topics/warfarin-your-diet-and-vitamin-k-foods

PM

Ons sal beslis 'n nuwe onderwerp moet begin aangaande hierdie situasie.  Aangesien jy die dokter op die forum is dink ek dit is jou voorreg.  Sebliefie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit dalk by die afdeling plaas wat jy het oor Beroerte?

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#11
Sien ek iemand druk hierdie plasing  :pottytrain2: maar ek is bly dat ek nou hier beland het. Het gaan loer en ek het reeds 'n hele ruk gelede die inligting oor wat mens moet vermy met die gebruik van bloedverdunners daar geplaas by jou artikel oor beroerte PM hoor.
:notworthy: :icon_salut: