• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Fanus Rautenbach se gediggie

Started by Meraai vannie Baai, October 07, 2019, 11:54:29 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Fanus Rautenbach

Die son het in die see geval
Op die horison se lem
Dit het hom in twee geskeur
Ek hoop die son kan swem.

Naas

Dit sal net Fanus wees.
Hy vertel eendag van die vrou wat inbel na 'Vra vir Fanus'
Sy het 'n speenvarkie en wil weet hoe sy kan sien of die varkie masels het.
Ander boervrou bel in en sê wanneer varkie se ore en stert regop staan het varkie masels.
Derde vrou bel baie benoud in. Sy sê haar man se ore staan nie regop nie maar sy is seker hy het masels.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek is verkrukkeld gelag diekant van die aardbol. Masels sal nooooooooit weer dieselfde wees nie.

PM

Ongelukkig het my man nie masels nie.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ek soek 'n man met masels maar Oupa se dis aansteeklik.

:mumum:

PM

'n Man met masels is regtig 'n steeklike gedoente, Oupa is heeltemal reg. 
Om te weet is om te verstaan.