Author Topic: Ons groet 'n dierbare vriend en skrywersmater  (Read 4042 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Ons groet 'n dierbare vriend en skrywersmater
« on: September 29, 2019, 11:56:56 AM »
Dit is met leedwese en ongelooflike verlies dat ons vandag verneem het van Johann Mulder se afsterwe (Ou Joe oftewel oupa Ysie soos ons hom genoem het). Ons was die afgelope 13 jaar maters wat lief en leed gedeel het. Nog nooit hand kon skud of mekaar 'n drukkie gee nie maar hy sou vanuit die Kaap my Meisiekindjie kontak hier in Australia as ek vir 'n paar dae stil was. Die eerste wat sy dan ook genoem het na sy gehoor het haar oom Jo is huistoe vir altyd was wie gaan nou boodskappies stuur en bel om te hoor of mammma 'okay' is? Rus in vrede my maat. Ons vertroetel jou woorde tussen blaaie en die DVD's van julle doen en late is een van ons kosbaarste besittings.

Opgedra aan die een in my lewe!

Toe.


Toe die môrester sy laaste draai kom maak,
hier onner in die Kaap.
En die maan sy gesig ‘n slag afvee,
asvaal van al die slaap!
Toe weet ek dit het tyd geword,
Om styf te lê... vir daai laaste stukkie slaap!

Toe die Suid ooswind sy draaie gooi,
oor Helderberg se kom,
en wolke ‘n kleed drapeer, oor Tafelberg so stom!
Toe weet ek, ek's nou terug by jou,
die hartlam lief van drywer Joe!

Toe snoek begint te loop my maat,
uit ‘n see so koud en rof!
En vissers hul blink lywe gooi
op kaaie sonder stof!
Toe weet ek hoe my hart nou klop,
Verewig net vir jou!

Toe druiwe trossies begin te swel my vriend,
die nuwe jaar se oes,
en riviere nog ‘n riel uitpak
van die laaste winterreëns!
Toe weet ek dis ‘n Geseënde jaar,
vir ons, vir my en ook vir jou!

Toe blomme ‘n tapyt kom sprei,
oor Namakwaland se kim,
en mense in hul hordes stroom
na ‘n veldblom blomme skou!
Toe dank ek my Heer weer nog ‘n slag
vir jou wat my so erg bederf...
waar die liefde altyd blom!

Toe die son vanoggend weer sy kop oplig...
jy stram opstaan van 'n alleen slaap nag se rus,
toe dans ek riele, polkas en ‘n wals,
ver in sonlig in my gedagtes saam met jou!
Hoe anders dan, verstaan jy nou my lief,
tuis of weg...ek is en bly so lief vir jou!

Toe sonnetjie weer sy oë toeknip,
die dag is nou verby
Toe weet ek dit het tyd geraak
om terug te keer na jou!
En môre vroeg as die sterre groet,
voor lig en son se gloor!
Dan kruip ek stilletjies weer hier aan teen jou,
die lange eensaam nag is oor!

Joe ©

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ons groet 'n dierbare vriend en skrywersmater
« Reply #1 on: September 30, 2019, 06:32:39 PM »
Ek het nie vir Joe so goed geken nie maar eens die wat hy agterlaat sterkte en berusting toe.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ons groet 'n dierbare vriend en skrywersmater
« Reply #2 on: October 02, 2019, 03:51:57 PM »
Ai ai .... annerdag het ek deur fb geblaai en gewonder waar ons van mekaar verdwaal het. Ek het hom 'n keer of 2 ontmoet, hy het vir my goed van Stellenbosch af saamgebring. En nou hoef ek nie verder te wonder nie. Ai Maat Joe, dit was goed om jou te ken.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ons groet 'n dierbare vriend en skrywersmater
« Reply #3 on: October 08, 2019, 01:53:37 AM »
Hy sal verseker erg gemis word Adele. Joe het nogals probleme gehad met slapeloosheid en sou dan geselsskap gesoek het gedurende julle nag (ons dag). Die stomklets-geselsskap sou gewoonlik so verloop: "Koewie! Waar loop die oumens tog nou weer rond? Wat van 'n kommetjiegat (koffie)?" Ek sou gewoonlik afsluit deur 'n drukkie vir Riana, sy pragtige vroutjie te stuur en vanoggend besef ek, Joe is nie meer daar om hierdie drukkies oor te dra nie en het ek vir haar 'n vriendskapsversoek gestuur sodat ek soms weer 'n drukkie in die gees kan stuur. Hoe kosbaar is ons aanlynvriendskappe nie? Veral as jy in die vreemde sit!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons groet 'n dierbare vriend en skrywersmater
« Reply #4 on: September 15, 2021, 02:12:30 PM »
Dit is bykans twee jaar gelede.  Kyk hoe glip die tyd by ons verby.
Ek vryf oor my arms om die hoendervleis weg te kry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Ons groet 'n dierbare vriend en skrywersmater
« Reply #5 on: September 15, 2021, 02:52:27 PM »
Ai Raaitjie, en hier lees ek nou eers van Joe.
Ek het een van sy boeke destyds gekoop, en verslind. twee maal.
Ai, ek voel ek het vreeslik gemis sonder hierdie forum.
Ek sal hom nie maklik vergeet nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ons groet 'n dierbare vriend en skrywersmater
« Reply #6 on: September 15, 2021, 11:25:54 PM »
Ou Antjie Patat, hierdie mater van ons het 'n unieke sin vir humor gehad. Vlymskerp tong wat nie gehuiwer het om reguit te skryf wat hy voel nie en ek moes gereeld vlamme blus tussen hom en die 'juffie' soos hy vir Gawie genoem het.

Klokslag ses uur soggens by julle en twee uur die middag by my, het ou Joe gevra dat Gawie die 'hekkie oopsluit' (groepkuier skep in die kuberruim). Ek sal nooit vergeet hoe hy haar met een vraag klokslag teen die muur kon uitdryf as ek laat was - waar's die oumens dan vandag? Gawes se antwoord was iedere keer, pure gepeperde Bybelversie  :icon_biggrin:


Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Ons groet 'n dierbare vriend en skrywersmater
« Reply #7 on: September 16, 2021, 06:56:51 AM »
Ag Raaitjie, hoe lekker lag ek nou !!
Ek sien dit. Ons (ek en ou Joe) het ook jare lekker gechat, en toe half kontak verloor ongelukkig, en ek weet nie eers nou hoe nie, dalk maar my werk toe?
Dit voel vir my of die wereld baie hollersteboller is, soveel so, dat ek meer gemak soek tussen mense wat was, wat geken het van n vammelee, en nou kan skryf oor omtrent alles, juis oor hulle mos kwalifaai.