Author Topic: Geld is nie alles nie  (Read 1940 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Geld is nie alles nie
« on: September 24, 2019, 10:57:30 AM »
Die storie gaan oor Koba.
Koba heil daar van die Namakwaland, tussen Vredendal en Springbok êrens op die plaas. Die enigste kind en erfgenaam.
Koba was die slimste in haar skool en die eerste uit die kontrei wat vrystelling gekry het om universiteit toe te gaan. En sy is by die Maties aanvaar.
Die dag toe Koba op die bus klim Stellenbosh toe was al wat leef en beef daar om haar af te sien. Die Skoolhoof, Mnr Jordaan, het ‘n toespraak gelewer. Toe het die Kroegman, Mnr Jordaan, ‘n heildronk ingetsel op haar toekoms en die Predikant, Ds. Jordaan, het ‘n gebed gedoen vir haar voor sy op die bus geklim het.
Haar ma was in trane en haar pa se maag het in sy bors gesit van trots.
Nege maande later lui die telefoon op die plaas.
Dis Koba.
“Ma kan ek maar die vakansie huis toe kom. Ek verlang.”
“Natuurlik my kind. Jou se Pa-goed gaan uit sy vel uit spring van blydskap.”
“Ma, daar’s nog iets… Mag ek maar ‘n vriend saambring?”
“Nou gaan jou se Pa-goed eers bly wees. Hy het net die ander dag gevra wanneer jy dan nou eendag ‘n mannetjie gaan aanhaak. Hy raak nie jonger nie en die plaas moet mos darem ‘n ergenaam met sy naam kry. Natuurlik mag jy maar ‘n vriend saambring.”
“Maar Ma. Daar is nog ‘n problem. Daar is eintlik twee van hulle en ek kan nie eintlik kies nie. Die een is daar uit onse kontrei, Willie Van Der Merwe. Sy ouers bly op Vredendal, en die ander een, Pietie Ferfeira kom hier oorkant die berg uit Franshoek. Sy ouers het ‘n wynplaas daar.”
“Reg my kind. Ek sal jou sê wat ons doen. Jy kom eers alleen plaas toe sodat ons jou kan mooimaak. Dan sê jy vir hulle hulle moet my die volgende dag by die afdraai na Hopefield, net anderkant Malmesbury kry. Ek sal hulle dan daar afsit sodat hulle kan resies ja plaas toe. Die een wat dan eerste op die plaas stilhou, daai een vat jy.”
“Dit klink goed so Ma.  Dankie dat Ma altyd goeie raad het en bereid is om te help.”
Die twee manne daag daar by Hopefield se afdraai op.
Willie in ‘n Volkswagen Beatle. Lae profiel bande op, die onderstel is laat sak en die enjin brul dat sy hom al van voor Malmesbury af hoor aankom het.
Pietie met so ‘n plat rooi nommertjie. Sy is baie beindruk met die feit dat sy familiewapen op die enjinkap is tot hy vir haar se sy van is Ferreira en nie Ferrari nie. “Sorg jy net dat jy wen” is al wat sy kon uitkry.
Toe sy haar sakdoek laat val skrop daai Ferrari nog rook uit die teer uit toe kruie die Volkswagen al pad af. Willie het die motor nie verniet so opgedollie nie. Hy is ‘n ou “dragster”
Maar die Ferrari haal in.
Willie gebruik die ratte… Tweede, derde, vierde en weer terug tweede toe en elke keer as hy ratte  wissel gooi daai Vollie sy gat so rond dat daar nie genoeg plek is vir die Ferrari om verby te kom nie. Net voor Moorreesburg verminder hy spoed en die Ferrari blits by hom verby net om voor die weegbrug afgetrek te word in ‘n spoedlokval. Natuurlik ken Wille die pad en weet hy van die lokval. Hy waai vir Pietie toe hy wetsgehoorsaam teen sestig kilometer per uur verbyry.
Net voor Piketberg toe sien hy in sy truspieel die Ferrari is alweer agter hom. Hy draai nie eers uit vir die verkeersirkel by Piketberg nie maar gaan sommer reguit oor hom en teen die Piekenierskloofpas op speel hy weer met die ratte… Tweede, derde, vierde en weer terug tweede toe en daai Vollie gooi sy gat rond en daar is nie genoeg plek is vir die Ferrari om verby te kom nie.
So blits die twee Citrusdal verby.
By Clanwillaim moet die Ferrari eers petrol ingooi maar Willie looi die Vollie.
5 Kilometer anderkant Clanwilliam sê die Vollie dis nou genoeg van die mishandeling, die enjin gee net so ‘n asma-hoesie en daar kom so ‘n swart roetwolkie by die skejaws uit en daar loop die Vollie van die pad af tot binne in die waterkanaal. Terwyl Willie sy tassie met die twee onderbroeke en sy tandeborsel uit die bagasieruim haal sien hy daar trek die Ferrari soos ‘n rooi blits by hom verby.
Maar Willie is ‘n gelowige mens wat nie sommer tou opgooi nie en hy bid opreg.
“Aai Vader, nou het ek dringend ‘n lift nodig en nie sommer enige ou transportlorrie, nee, dit moet sommer ‘n vinnige lift wees.”
 Die volgende oomblik tel ‘n voël, twee keer so groot as ‘n volstruis, vir Willie aan die skouers op en sit die stuk in plaas toe met hom.
Dis die eerste keer wat hy die Namakwaland uit die lug uit sien en dis blomtyd. Hy verkyk hom aan die kleureprag onder hom. Hy is so in vervoering dat hy skoon van die resies vergeet totdat hy die stofstreep op die plaaspad sien.
Die Ferrari se boude swaai heen en weer oor die grondpad soos hy stofstreep trek plaas toe. Pietie moes die gedoente in die lug gesien het want hy hou nie eers stil om die plaashek oop te maak nie. Hy ry daai plaashek poer des merdes dat die twee wit pilare soos die voortande van ‘n Kaapse klong lyk.
Die groot voël begin daal plaaswerf toe en toe Pietie se Ferrari voor die opstal tot stilstand skuif sit die voël vir Willie langs hom neer.
Kobie bel dadelik haar ma.
“Ma hier’s nou ‘n gedoente.”
“Wat is fout my kind? Jy klink baie benoud.”
“Ja Ma. Die twee vryers het nou gelyk hier op die plaas aangekom. Pietie met sy rooi Ferrari en Willie met ‘n groot voel.”
Haar ma dink so bietjie.
“Aai my kind, weet jy, geld is mos darem nie alles nie.”

Die Storie was vertel op Oppie Stoep maar hierdie is die weergawe soos ek dit onthou.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #1 on: September 25, 2019, 12:36:34 AM »
 :headbang: :angel8: Haar ma is wys!

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #2 on: June 03, 2020, 09:34:20 AM »
Sjoe! Ek wens die manne wil so resies jaag hier na my toe. Die belangstelling is si groot diekant dat die ou met die donkiekar nou nog uitspan daar onder in die laagte langs die driffie.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #3 on: June 03, 2020, 10:51:32 AM »
Assie dit het dalk tyd geraak dat jy vir jou 'n profiel op die gevreetboek oopmaak dat die ander dorpsmannetjies van die omgewing kan sien wat beskikbaar is jong. Moet tog groot asseblief net nie 'pose' soos die jonges deesdae nie. 
:icon_biggrin: :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #4 on: September 13, 2021, 12:43:06 AM »
Jitte, ek het nie woorde nie.  Dink julle nie geld kan volstruise koop nie?   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #5 on: September 13, 2021, 06:49:49 AM »
Ja, as die idiote in die regering dit nie afvat en steel nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #6 on: September 13, 2021, 09:17:36 AM »
"Koba heil daar . . . "  'n Pragtige argaiese woord.  Ek kan nie onthou wanneer laas ek dit gehoor het nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #7 on: November 12, 2021, 06:10:15 PM »
Lees weer die een oor besoeker se skouer en besef weer dat die ouens met die vinnige karre nie altyd wen nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #8 on: November 12, 2021, 08:42:24 PM »
Moenie dat loadshedding onproduktief verbygaan nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #9 on: November 13, 2021, 04:34:30 AM »
Jy is reg, geld is nie alles nie.  Wat van 'n tjekboek en 'n kredietkaart?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #10 on: November 13, 2021, 06:18:55 AM »
Het nie een van die twee nie. Oupa het 'n houtkissie maar ons weet nie waar hy dit wegsteek nie. Net hy en sy testament weet.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #11 on: November 13, 2021, 06:39:55 AM »
Tensy daar 'n paar Rembrand aandele sertifikate in is, weet ek darem nie hoeveel kan 'n houtkissie hanteer nie.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #12 on: November 13, 2021, 06:43:19 AM »
Oupa sê geld is soos 'n rolskaats as jy op hom is moet jy maar weet hoe om jou balans te hou want val jy af is jy die wêreld se dansvloer.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geld is nie alles nie
« Reply #13 on: November 13, 2021, 06:48:42 AM »
Party mense kan nogal goed balanseer.  Ek sal afval voor ek opklim. 
Om te weet is om te verstaan.