Author Topic: 1 September 2019  (Read 743 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1804
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
1 September 2019
« on: September 01, 2019, 06:41:44 AM »
Versvriende, goeie mooiste Sondagmôre vir julle!

Die lente loer al oor die horison vir ons, maar na ‘n paar warmer dae, herinner vanoggend se ysige luggie ons dat Augustus nog winter is in die suidelike halfrond. Maar nietemin, ek soek gister deur my boekrak na iets oor tuine; blomme, bolplante, struike, bome …. en les bes kom ek af op ‘n boek: Indringerplante, Mooi maar gevaarlik

Ek blaai vlugtig daardeur en lees ‘n paar bekende name: Selonsroos, uiters giftig; Doringturksvy en Toukaktus wat geen natuurlike vyand inheems het nie; Wildetabak wat ook giftig is en onder die ander, selfs Swarthout. Verbaas lees ek dat hierdie uiters gewilde meubelhoutsoort ook ‘n bedreiging vir natuurlike plantegroei inhou.

So is ons elke dag in ons lewe in gevaar. Ons natuurlike neiging is na sonde. Ons is omring deur giftige parasietdade wat ons heeldag in gevaar hou; ons is deurspek met indringer-gedagtes wat deur ons menswees rank; ons is in sonde gebore en gaan daarmee sterwe. Maar dan kom God in sy genade en spreek gif op daardie parasiete. Hy vernietig die indringer-rankplantgedagtes wat ons denke oorgroei het. Hy kap die swart sondeplante uit wat die natuurlike, volmaakte fynbos wat in ons moes wees, ingeneem het … Hy stuur sy Seun om al ons sonde op Hom te neem.

Soos wat God die aarde in die holte van sy hand hou, dit voed en versorg of swaarkry toelaat, omdat Hy die groter prentjie raaksien, so beskerm en bewaar Hy ons in hierdie wêreld, en vertel Hy ons dat ons nie van hierdie wêreld is nie. Ons kan elke dag begin met die wete dat Hy ons lei en versorg; glo in Hom, vertrou op Hom.

Dankie dierbare Here God, ons eer U grote Naam in liefde uit ons swakheid, maar hunker gedurig na U voorbeeld om dit na te volg. Gee ons die krag en genade daarvoor. Hierdie en nog baie meer vra ons in U Naam, Here Jesus, ons Saligmaker. Neem ons gebed na ons Vader, asseblief. Amen, amen Here.

adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3024
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 1 September 2019
« Reply #1 on: September 02, 2019, 10:57:46 PM »
Dankie vir jou pragtige plasing mater. Self 'n paar onheilsplante/struike in ons tuin (en lewe). Dit is wonderlik om te sien hoe die eerste tekens van nuwe lewe in die tuin skielik orals sigbaar word. Ons termometers gaan die week tot in die 30's styg! Van winter reguit in somer geduik diekant van die aardbol. 

« Last Edit: September 02, 2019, 11:08:02 PM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1804
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 1 September 2019
« Reply #2 on: November 29, 2019, 08:53:50 PM »
Die land is warm, letterlik en figuurlik ja  :toothy4:
pragtig, ek wil by ons ook nog so hoekie skep, as ek gespaar word en ons nog water gaan hê.
adéle  :grommit: