Author Topic: So 'n bietjie Vietnam en fried rice?  (Read 1899 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
So 'n bietjie Vietnam en fried rice?
« on: March 19, 2019, 08:26:09 AM »
Dog ek kom deel maar aan my uitgehongerde vriende hier so 'n paar lyntjies en prentjies van my onlangse avontuurtjie in Vietnam.

Ek het soontoe gegaan vir  'n week vir werk en  moes 'n paar vergaderinge bywoon in verskeie stede -  Ho Chi Minh (bekend as Saigon, vir diegene wat hou van die Vietnamese oorlog flieks)  en dan ook na Can Tho (of soos die plaaslikes dit uitspreek  - Kan-Tu)  en laastens na Da Nang (ook bekend as " The city of fantasy")

So het ek dan geland in Saigon en is sommer dadelik na die bus stasie  toe om Can Tho toe te gaan vir my eerste vergadering die volgende dag:



My aarde!  Hier gaan ons lekker lê  :icon_biggrin:


Halfpad stop.  Piepie en varkvleis broodjies.   


'n Mens moet jou skoene uitrek en in' n sakkie sit voor jy op die bus klim.  By die stop kry jy plakkies om tydelik aan te trek




Terug op die bus, nou kan ek verder slaap


In Can Tho aangekom soos die son sak, is ek dadelik na my hoteltoe, Vinpearl
My kamer uitsig...





Lekker warm stort gevat, vir vroulief en seuns op wifi met whatsapp geskakel op video call om my kamer en uitsig te wys, en toe oppad om vir Hotu te ontmoet vir 'n plaaslike Viëtnamees ete.....



Blykbaar hou die vietnamese BAIE van bier 






Die foto op foon wys die blom waarin die vleis toegedraai word dan in meel en eier gedoop en in olie gaar gemaak..   Baie lekker..   


En natuurlik baie rys.   




Nou begin die bier lekker gesels...


Klaar geëet


Volgende dag:
En toe middagete by aanleg kantien..


Toe weer vergadering en teen 3pm was ons weer op die bus oppad Ho Chi Minh toe waar ek volgende dag 'n vergadering het.




Terug in Ho Chi Minh (Saigon)
Hotel in Ho Chi Minh.     So 7:30pm hier aangekom na 'n 4 ure bus rit.
Uitsig vannaf my hotel kamer se balkon...














Ontbyt  bo op hotel se dak voordat ek weer moet gaan vergader...


Ek het gou so bietjie in die strate gaan stap 'n paar blokke rondom my hotel terwyl ek wag om na die aanleg toe te gaan.











Eintlik is dit vuilerig as mens nader kyk, maar dit is ok.  Ek sal my vrou enige tyd hierheen bring  vir  'n vakansietjie







Ek was na ons vergadering gou na Hotu (kolega?) se apartment toe en kan julle dit glo!?   Die man haal sowaar biltong uit vir ons om te geniet saam met die ryswyn!






Laaste paar dae in Da Nang in Sentraal Vietnam.   Ek het soontoe gevlieg , want die bus sou my 24 huur geneem het.

My Hotel -  Grand Tourane






Ek was alleen -  en honger, maar het besluit om =die strate te benader op soek na plaaslik ekos eerder as om in die hotel te eet..

Egg fried rice met Chicken!



Na die tyd bietjie die strand gaan uitkyk, net oorkant my hotel.





Volgende dag se vergadering - weer met middag ete by die aanleg se kantien



En na middag ete vir koffie by 'n plaaslike uithang plekkie waar die mans ys-koffie / tee drink, kaart speel en sigarette rook voor die laaste middag skof ...



Terug by Hotel.  Uitsig vannaf 19de verdieping in my hotel...



en onder op die strand ...









'n Laaste paar fototjies vanuit my kamer op die 19de vloer..






En so kom my 3rde Vietnam trippie tot 'n einde..   Eers 'n vlug vannaf Da nang na Singapore waar ek vir 10 ure in transit moes wag!



Gelukkig is die lughawe op Singapore 'n skouspel op sy eie ..



En uiteindelik, terug in SA op die Gautrain oppad huis toe!

« Last Edit: March 19, 2019, 10:35:45 AM by Anton Louw »
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: So 'n bietjie Vietnam en fried rice?
« Reply #1 on: March 19, 2019, 08:55:42 AM »
Geseend is jy uit jouse plakkies en biltong. Van die fotos het ek saamgereis en geniet via die gevreetboekie. Wat 'n wonderlike voorreg is dit nie om te 'werk' soos jy kampmater. GENIET jou pragtige gesinnetjie weer van vooraf tot volgende travels. Duisend en tien dankies vir deel. Ek het al die forum se begrafnisbriefie wou skryf lol!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: So 'n bietjie Vietnam en fried rice?
« Reply #2 on: September 16, 2021, 05:15:16 PM »
Ek is so bly ek het hierdie raakgeloop.  Dit is geplaas in my "om en dom" tyd. 
Die oosterse nasie is geweldige goeie gashere.  Ek kyk na die kos wat julle eet en dit bring pragtige herinnering by my.
Changi lughawe in Singapore is werklik pragtig.  Die orgidees wat orals groei is asemrowend mooi.
Baie dankie vir die deel, ek het heerlik saam met jou getoer Anton. 
Om te weet is om te verstaan.