Ek is net so skuldig, kom ook min hier, soms loer ek in maar gaan ook verder wanneer ek niemand anders sien rondsluip het nie .... Ek is so jammer hierdie platform het nooit werklik ontwikkel tot wat ons by woesforum gehad het nie. Wanneer ek die nuwe webwerwe so bekyk, sien ek net belangstelling waar mense blootstelling kry vir hul skryfwerk, hetsy plasings met BBP terugvoer of wedstryde.
Ek sou weer net graag wil kuier, soos hierso. Maar ons moet genoeg wees sodat as iemand net twee/drie keer per week kan inloer, dit ook goed sal wees.
'n Maand gelede het ek 'n whatsapp-groepie begin met die voorwaarde. slegs eie tikbriefies, geen aanstuurboodskappe en GEEN prente nie. Wat 'n gesukkel. Ons het vergeet om self te skryf .... vergeet om met eie woorde goeie môre te sê
.... daar is net 9 mense op, ander stel nie belang nie en van die 9 skryf elkeen so een keer in drie dae of minder ...