Woordskuur > Ons Kabouter Afdeling
Help! Redenaars vir Graad 1
Anton Louw:
So ons Anton jnr is nou baie groot en in graad 1. Die konsentrasie vlakke is nie baie hoog nie en is hy tans besig om sy pa se maniere te erf en is meer gefassineerd met tegniese dinge en aksie :toothy4:
Inelkgeval, so kry ons toe die boodskap dat redenaars hoog aan die leerprogram se priotiteits lys is en Graad 1 parrabene moet ook deelneem. Die Redenaar tema's is toe op die ATKV webwerf bekend gemaak en verstaan ons nou dat dit soos volg is:
Maniere
Droom
Jok
Ek kom klop nou maar hier aan vir hulp hoe om voort te gaan met die proses en hoop daar is van hooggeleerdes hier wat moontlik ondervinding het en my kan help om iets aanmekaar te slaan en die mannetjie voor te berei. Ek weet nie of hy meer as 1 sin sal kan onthou voor sy aandag afgetrek gaan word deur 'n skoenlapper, of 'n moessie op iemand se gesig nie!
Help ASB!
Ek verneem die praatjie moet 2 tot 4 minute lank wees. Anton jnr het glad nie 'n probleem met praat nie en wil partykeer nie ophou daarmee nie :icon_biggrin:
Meraai vannie Baai:
Ek is seker PM of Anastasia sal hier tot groot hulp kan wees Anton. My plek solank geboek.
Anton Louw:
* BAIE BELANGRIK
Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Dit is met ander woorde ’n beredeneerde toespraak en nie ’n praatjie nie.
https://atkv.org.za/nuus/posts/2018/october/atkv-redenaars-2019-temas-bekend/
Meraai vannie Baai:
Anton, ek het so bietjie voelers uitgesteek by my vriendin (Anna-Marié van Jaarsveld) in SA wat self 'n onderwyseres is, sy het dit vinnig vir my so uiteengesit:
Inleiding wat 'n vraag of 'n stelling of n grap of so iets kan wees.
Dan inhoud.
3 punte elk met n bron. By ons kan hul die bybel as een verwysing gebruik en die ou kleintjies mag sê my ma sê altyd of my oupa sê
altyd...
Dan n slot wat aansluit by die inleiding, m. a.w die inleiding se vraag of wat ookal word soort van herhaal in die slot met n gevolgtrekking
Bv. Tema droom
Titel. Droom groot
Inleiding. Wie van julle hou nie van droom nie. My lekkerste drome gaan oor kos. As ek droom ek eet dit, voel my hele lyf gelukkig en kan ek selfs brokkoli na roomys laat smaak. As ek droom.... Dit laat my wonder of drome waar kan word
Dan oortuig jy die gehoor in 3 stellings met verwysings dat drome wel bereik kan wors. Bv mense wat hul drome bereik het en dinge wat hul gese het. Artikels oor so ieta. Ens.
Slot. So dames en here. U sien. Drome word waar. Jy kan daardie brokkoli na roomys laat smaak, maar dan moet jy dit maak gebeur.
Hy sal nou net baie eenvoudiger taal gebruik. Dit help om bietjie humor in te bring. En die lyfie moet saam werk. Dis soos gesels met iemand maar jy moet die ander ou oortuig dat jy reg is. As jy klaar gepraat het, moet hulle almal brokkoli na roomys wil laat smaak
En gebruik woordeskat wat klein kindjie kan verstaan en gebruik. Sodra jy groot woorde gebruik waarvan die gehoor dalk ook die woordeboek wil gryp, kom hul agter jy het dit gedoen en penaliseer hul die kind.
Dis hoe dit by ons werk. Ek weet nie van ATKV nie
Anton Louw:
Baie dankie Meraai :notworthy:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version