Woordskuur > Ons Kabouter Afdeling

Help! Redenaars vir Graad 1

<< < (2/3) > >>

Anastasia:
Anton, die einste redenaars is die rede waarom ek nooit meer op die forum wandel nie.  Ek sit pal en skryf vir die kabouters.  Ek skryf die toesprakie so, dat vir elke hoofidee ek 'n prentjie sit, wat hul geheuekaarte is.  Die klein rakkers is skaars 'n baksteen hoog.  Hul kan nog nie vluglees nie.  So por die prentjies die onthou aan.  Jy is welkom om my 'n whatsup te stuur na 0832156319.  Ek het al die maniere, droom en jok toesprake ingeryg soos sosaties.  Nogal 'n uitdaging, want elkeen s'n moet uniek en anders wees.  As hulle deurdring ding hulle provinsies teen mekaar mee.  Julle kan dink hoe dit sou lol as twee se toesprake dan eenders is!

Naas:
Antony.  Jy kan maar gerus vir Anastasia kontak. Sy is uitstekend.

 :icon_bigsmurf:

Anton Louw:
Dankie dankie!

Anastasia, laat ek kyk wat ek gedoen kan kry.  Ons het gisteraand 'n geselsie in skoolsaal gehad met riglyne ens.   EK dink pappa gaan moontlik moet skryf, maar as ek vashaak gaan ek jou benader.  :toothy4:

PM:
Sterkte, dit is net die begin van nog baie en dan kom die opstelle en die somme en die matriek eindeksamen.  Ha-ha.

Ek persoonlik dink jy moet die Kleinman meer krediet gee en hom toelaat om sy eie stukkie te skryf.  Gee hom net riglyne. 

Anastasia:
PM, dit raak baie moeilik vir die kleingoed wat maar in grade 1 tot bv 3 is om self te skryf.  Die onderwerp moet beredenerend aangebied word, maw hulle moet 'n argument verdedig, met drie argumente en nagevorste bronverwysings vir dit.  Dis bietjie dik vir 'n daalder sou ek reken.  Die fout lĂȘ nie by die ouers, of die hulp wat hulle in huur vir die skryf nie.  Die fout is dat die skoolsisteem die onmoontlike verwag.  Dan moet jy weet, daardie kabouters is skaars 'n maand in die skool, nou moet hul boonop geheuekaarte baasraak. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version