• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Forumstakings en Murphy se kabels

Started by Stof, July 05, 2011, 06:06:43 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Stof

So gebeur dit toe dat ons geliefde forum vir 'n paar dae snotneus gehad het.  Marcelle, die tegnikus kry haar weer aan die lewe.  Maar sy mond tot mond asemhaling hou net 'n rukkie, want Murphy druk toe weer 'n kurkprop in haar keelgat af.  Weereens vandag, Marcelle tot ons redding.  En die Forum leef weer.   Wereens dankie, Marcelle, jy is ons klomp taalgoggas se held!

Nou is die Forum se databasis weer lus om met ons te praat.  Al manier om die forum 'n hartlike welkom terug te gee, is om nou elkeen bietjie te kom saamkuier en haar te wys, ons wil haar lewendig he.

Ons hou die forum dop en sien uit na die stortvloed saamkuier en woordwerke waarmee die lede ons nou gaan verras.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Lox

nou ja toe nou kan ons weer laat waai
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.