• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Muskietejag

Started by Naas, January 16, 2019, 12:26:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Net vir my en Outop...


           MUSKIETE  JAG
                 A.D. Keet
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n bloedkol bly
       Hier teen my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
       Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry  -
       My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie.
       Jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
      Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nòg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
     Nooit sien jy weer jou nasie...

Hoe sedig sit hy, o die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
     Nòu gaan die vabond sterwe.....
Pardoef!  Dis mis! daar gaan hy weer!
Maar dóód sal hy, sowaar ek sweer  -
My naam is van der Merwe.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek gaan hom 'print & frame'  :notworthy: :hello2: :love7:

Anton Louw

Die blikslaer !  Vatso!  :icon_scratch:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

#3
As Outop weer so met die kussing moord pleeg gaan ek hom snep. Dan die woorde daarby sit en vir hom stuur met komplimente van onse vrind Naas. Sien ek nou 'n plasing waar hulle die manne afraai om geweld te gebruik as die muskiet jou 'manlikheid' wil aanval :toothy4:

PM

They say, great minds think alike . . . (los die res maar)
Oom AD was baie besig hier op die forum!  Ha-ha
Om te weet is om te verstaan.