• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Katastrofiese gevolge as jy jou woorde vergeet

Started by Meraai vannie Baai, January 14, 2019, 09:48:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

A chap sees his doctor and says he wants to be castrated.
The shocked doctor says " you sure, have you thought about that????
Yep been wanting it done for years.
The doctor does the operation and the bloke is in a 2 bed room in the hospital.
He asks the bloke next to him what he had done
I was circumcised
THATS the word I was trying to think of.
:icon_bigsmurf: :dontknow:

Naas

Die swart seun se vir sy Joodse vriend hy moet bos toe gaan.
Wat gaan jy daar maak?
Hulle gaan my circumsize
Oooo!!! se die joodse seun. Dis verskriklik seer. Hulle het dit met my gedoen toe ek 8 dae oud was en vir 11 maande daarna kon ek glad nie loop nie.



Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek giggel saggies ... Outop slaap nog diekant van die aardbol. Hy het geen verskoning oor wanneer hy eers begin loop het nie lol!

PM

Oe eina, ek is seer gelag.  Gelukkig vir my manne kan ek nog loop anders moes hulle wegneem etes bestel het.  Ha-ha-ha.   Ek sit hier en niks doen nie, die manne kook 'n pot uit die hemel uit. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek is vasgevang in 'n 'wonder-stadium' vandag. Nou krap ek kop oor hoe lyk 'n hemelpot se inhoud PM?  :icon_biggrin: :headbang:

PM

 :icon_biggrin:  Dit is gevul met alles waaroor jou mond water. 
Ek het toe my broodjies uitprobeer en sal later die aangepaste reseppie plaas.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie baie vir inligting en plek geboek vir aangepasde resep  :headbang: :icon_salut:

PM

Grhard het verjaar en gister weer vir ons 'n hemelpotjie gemaak.   :icon_biggrin:   Lekker was nog nooit sleg nie. 
Het ek nou gesukkel om vir een van Gerhard se vriende in Engels te verduidelik:  Lekker is maar 'n vinger lank. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Weet nie hoeveel van die geliefde maats wat ons ouderdom is sukkel ook so om die regte woorde te vind nie. Ons het kortpad gevind en die kinders kyk ons skeef aan want ek weet presies wat om vir Outoppie aan te gee as hy vra vir die groenwortel as hy eintlik opsoek was na 'n avokadopeer. En hy weet waar om te soek as ek se dit is in die groot wit ding langs die klein wit dingetjie (yskas langs die mikrogolf)  :icon_biggrin:

Naas

Baie gebeur met my oorlede ma.
"Jan Piet Paul Klaas... wat jou naam ookal is, gee vir my die dinges sewatsenaam aan wat langs die wiesemoer le!"
En waag dit net om verkeerde watsenaam aan te gee dan het sy die hoesenaam gegryp en jou watsenaam daarme aan die brand gewiesemoer.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Nadat die lewe met my tien draaie gemaak het, lees ek nou hier. 
Ek sien my Ouma Naas so in my verbeelding.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek is nou op die stadium wat ek my lam soek na 'n ding en as ek hom kry dan se ek baie verlig vir Meisiekind: Jinne my ding, jouse moeder sou haar alie afgesoek het na die ding. So bly ek het hom gekry!" Dan giggel sy: "Moederlief jy het arig gesoek alreeds!"

PM

Vra jy my?  Dit is moeilik, baie baie moeilik!  :pottytrain2:
Om te weet is om te verstaan.