• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lwenslesse

Started by Anton Louw, January 08, 2019, 12:22:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Daar was eendag 'n Swaeltjie wat besluit om nie vir die winter Noord te trek nie.

later begin dit toe vrek koud raak in Pretoria en die swaeltjie besluit om tog maar te trek. Maar heelaas net so verby Bela Bela vries sy vlerke toe op en val hy uit die lug uit. Kon darem "Glide" so het darem nie te hard geval nie.

Daar le hy toe opgevries van die koue. Gelukig kom die boer se beeste daar verby en die een bul los toe so moewiese bol mis op die swaeltjie, net sy kop steek so effens uit. Vir hom was dit hemel, lekker warm  en hy ontdooi tog te lekker, kan nog nie vlieg nie, vas onder die bol mis, maar lekker warm en snoesig.
Vrolik sing die swaeltjie toe uit volle bors om sy genot met almal te deel. Kat hoor die gesing en gaan kyk, krap die mis oop en vreet die swaeltjie op!

Die lesse hieruit;

1] Nie almal wat op jou kop k@k is jou vyand nie.

2] Nie almal wat jou uit die str#nt help is jou vriend nie.

3] Maar die belangrikste les - as jy in die k@k is, hou jou bek!!
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

 :toothy4: :icon_biggrin: :hello2: :headbang:

Ek sal die les vir altyd onthou Anton. Liewe maters, vergewe tog as ekke soms swyg hahahahahah. Dis oorlewingstegniek!

PM

Anton, jy neem my jare terug.  Hierdie was my pappie se gunsteling vertelling.  As ons iets aangevang het wat onheilig was en probeer verskoning maak, het hy geseg,  ek dink jy moet nou ophou sing!
Dankie vir die deel, ek het dit weer geniet. 
Om te weet is om te verstaan.