Ons baie gelukkig hier in Aus met al die gratis kampplekke en die 'grey nomades' wat hulle kinders se erfgeld uittoer, maak deeglik gebruik daarvan. Ons gebruik dit graag en selfs al is ons oppad kus toe slaap ons oor waar daar ook al een op ons roete is en met die terugkom dieselfde. Sommiges het 'n beperking van 24 uur ander weer 36 uur en daar is waar jy selfs 'n week lank gratis kan staan en die rus en vrede veilig geniet.
Nog een tussen die berge...
Hierdie gratis kampplek is so drie kwart uur se ry van ons af en ons kamp graag vir 'n naweek hier. Daar is 'n pragtige creek en die mooiste sonsondergange.
Met 'n kampsessie langs die creek geneem
Oorspronklike inhoud geneem van die Kampforum.co.za Facebook groep en oorgeplaas na kampforum.co.za hier:
https://www.kampforum.co.za/comment/47598