Author Topic: Geloftes  (Read 1537 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Geloftes
« on: December 15, 2018, 11:22:38 PM »
Goeie more, versvriende!

Geloftedag. ‘n Dag van vrede. En waar dit nou weer op ‘n Sondag val, voel dit vir my of ons dubbel genade kan ontvang. Ja, Here, U kruik loop heeltyd oor. Ons kan net skep, maar hoeveel keer vergeet ons daarvan? U dring U nie op waar U nie ingenooi word nie, maar ons is so op ons eie ingestel, dat ons nie onthou dat alles van U af kom nie. Dat dit net uit genade is dat ons kan wakker word, opstaan, iets eet en drink, kan werk of studeer, kan grond of huis koop … so moet ons op elke gebied weet dat alles net deur U genade ons toekom.

Ons kan nie altyd ons beloftes nakom nie. Inteendeel, hoe min daarvan kom tot uitvoer? Maar U vergeet nooit enige van U beloftes nie. U het Israel s’n nie vergeet nie, en ook tot vandag toe, nooit enige belofte onafgehandel gelaat nie.

Here, Jakob, seun van Esau, was ‘n opperste bedrieër, van vroeg af al. Maar toe hy in vrees terugtrek uit Haran, bang vir die ontmoeting met sy broer, Esau, het hy een nag langs ‘n rivier, by die Jabbokdrif, Iemand ontmoet en met Hom gestry.  Maar teen dagbreek kon die Man Jakob nie wen nie.
Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën. (Gen 32:26)

Here, het Jakob besef dat die seën van sy vader nie genoeg was nie? Maar dat hy ook U seën nodig gehad het? Laat ons ook besef dat geen aardse toegif vir ons genoeg kan wees nie. Geen liefde of goedkeuring van enige iemand op aarde, kan die Liefde en Verlossing van U af, vervang nie.

Here, ons God, ons wil aan U vasklou en U nie laat gaan nie, soos wat Jakob nie wou nie, tensy dat U ons seën. Elke dag wil ons ons hand in U sterke hand plaas en weet U gaan ons mos nie los nie. Wat kan die gedagte nie wonderlik wees nie!

Gee ons op hierdie Sondag, 16 Desember 2018, genoeg genade om deur die moeilike toekoms in ons mooi land, te gaan. Laat ons besef dat die lewe nie meer om onsself draai nie, maar om U. Maak ons oë en ore oop vir die Evangelie van Christus, en laat ons lewe dit elke dag oordra aan ons naaste. Hulle wie ons op elke gegewe tydstip teëkom. Maak ons dissipels van Jesus, sodat ons dit weer aan elk ander kan oordra.

Onse Vader, die oes is groot en die arbeiders min. Bou ons kragte op, vergroot ons vriendekring en gee ons die woorde wat ons nodig het om U Naam groot te maak. Om Christus ontwil. Amen amen Here.

adéle theron

adéle  :grommit: