• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Ster Struktuur

Started by Meraai vannie Baai, December 12, 2018, 09:15:22 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek sukkel nou al 'n week lank met hierdie struktuur. Sou baie maklik gewees het as mens alles net kon sentreer lol. Het dit probeer maar die eindproduk was chaoties. Al wat oorgebly het was om kop te krap en die reels rond te skuif tot dit op die oog af 'n ster gevorm het. Tot my skok het die formaat soos geskommelde legkaartstukke vertoon op tablette/fone se skerms. Op die rekenaar het dit perfek gelyk. 

:icon_bigsmurf: Inderhaas kom afhaal en maar weer probeer.  :icon_scratch:

My ster is gevorm met 22 reels. Die maklikste is om die eerste 16 te sentreer. Hierna is dit skat en plaas vir die laaste ses tot jou ster se ander twee punte naastenby reg vertoon.



Met die Engelse weergawe van Star Poetry het die digter van sy woorde opgebreek en ek wou dit nie doen nie. Dit het net nie vir my sin gemaak om 'n gedig so te plaas nie alhoewel die vorm beter vertoon. Ek vermoed as mens bietjie meer geduld het kan jy lettergrepige woorde kies wat dieselfde aantal spasies sal vul as die Engelse weergawe.


PM

Dit is uitstekend gedoen.  Ek lief dit, maar die inhoud vat die koek.  Jy het 'n groot gawe om met woorde te toor Raaitjie.  :read:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Die ene het my nagmerries besorg PM  :toothy4: was so dankbaar toe dit uiteindelik werk. Dankie vir die mooi klompliment vir ons forum se eie 'ster'  :love7:

PM

Dit is werklik die forumverhaal.  Soos jy sê, die Forumster.  Pragtig, uitstekend. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Dankie Anton. Jou koffiedrink soggens op die forum, is vir ewig vasgevang tussen lyne  :coffee2: :notworthy: :icon_salut:

Meraai vannie Baai


Naas

En so kry Ta Raaitjie ook haar ster op die forum sê sypaadjie. (Walk of fame)

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Kopkrap soos min Naas. Wonder soms hoeveel pitte moet los wees vir die ou wat verslaaf is aan sulke uitdagende skryfstyle hehehehe. Dit hou die gedagtes besig en die spoke van die toekoms op hulle plek en dit is vir my genoeg as ouens (soos jy) 'n woordspoor kom los.

PM

'n Meester van meesters!  Jy gee altyd vir almal krediet, maar jy vat die trofee.
Om te weet is om te verstaan.