• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Breinloos

Started by Naas, December 02, 2018, 06:18:05 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Bleek lê die karkasse
op gister se vlaktes.
Kaal gevreet
deur die kake van vergeet

Omkyk word 'n woestyn
waarin gedagtes verdrink,
versmoor...
verdwyn...

Fotos van geliefdes,
bekendes...
vervaag...
verdof...
verdwyn...

Leë oë staar soekend
na bleek karkasse,
toe gewaai
deur breinloos wind.

Seldsame oases
verdor tot vergetelheid...
Verdwyn uit gedagtes...
Kaal vlaktes...

Verlossing kom
met ewig rus...

© Naas Breytenbach


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Sjoe. Goeie genade Naas, jy verstom my keer op keer. Omtrent woordloos diekant.

Naas

Die saamleef met mensies by Elmarie se werk wat so heengaan was 'n mens nie sommer af nie. Nou dat dit weer feestyd raak en die wereld op en af spring van plesier sien mens maar weer die lee ogies en die seer in die "onbekende" familie se oe. En dan hoop ek maar dat daardie woestyn my familie gespaar bly. Die ergste is dat die persoon nie weet waardeer hy gaan nie maar die families kry swaar. (weet ek nou nie vanoggend hoe om Familie te spel nie.)



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ons het hierdie paadjie gestap met skoonpa. Die laaste keer wat ons gaan groet het voor die groot landuit-tog het hy Outop nog herken maar was so agterdogtig. Het niks en niemand vertrou nie en later het hy omtrent niemand meer herken nie. Dit was hartbrekend vir almal. Ek het altyd gewonder hoe hy gevoel het tydens die klein tydjies wat die newel van vergeet gelig was?
Hulle het al hoe minder geword. Tog was daar soms nog die half skewe Lock humor wat deurgeskemer het tot groot onsteltenis van my arme skoonsus. Hulle het vir Oupa die eerste agterkleinseun gaan wys. So trots gewees - en oupa se antwoord: Julle moet hom verkoop...    :crybaby2:

Naas

Lag ek nou skaamteloos vir die verkoop storie. Ja die paadjie is nie vir almal dieselfde nie. party raak agressief, ander raak net stil. Dit hang af watter dele van die brein eerste aangetas word. Dis net vir my harseer as hulle op die punt kom waar hulle nog weet hulle moet iemand wees maar hulle weet nie meer wie hulle is nie. Dit bly vir my die wreedste manier om te gaan.
Die ander hartseer vir my is by die begrafnis... daar waar die wat agterbly seer het maar tog ook verlig is dis verby...


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Verseker 'n wrede manier om jouself letterlik te verloor  :crybaby2: Ek het The Notebook drie keer gekyk en myself elke keer kreupel getjank.  :crybaby2:

Naas

Nog nie daai een gesien nie. Sal moet 'n plan maak.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek weet dit is ook een van Anastasia se gunstelinge. PUIK PUIK!!

Assie

Ek en Oom Naas sal daai een saam moet kyk.


:mumum:

Anton Louw

Ek het hom sommer nou net weer gekyk, trane dal! :crybaby2:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

#10
Ek is met jou Anton  :crybaby2: Assie, moet nie jou sneesdoekies vergeet nie. Nee wag, bedel eerder 'n paar sakdoeke by oom Naas!

PM

Kan iemand dit hier plaas of 'n skakel los?  Ek het verdwaal. 
Om te weet is om te verstaan.

Frank Naude


PM

Dankie Frank, nou weet ek ook.  Soms val ek uit die bus uit.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.