• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My hart, Here, is onrustig

Started by adele, November 27, 2018, 10:06:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

My hart, Here, is onrustig
my pols klop in sarsies.
Die natuur is geduldig
maar ons kan ons kommer
nie aan U oorlaat nie.
Wat kan ons bereik
deur U hand te los?
Sou U ons roep
en ons draai doof weg,
waarheen dan ons voetstappe
waarheen ons roepe na geloof?
Hou my hand vas, Here,
dan gly ek nie uit.
Omsluit my pols
wanneer U my optrek
uit die klipskeur
en vleg U vingers deur myne
om U greep te verstewig
wanneer ek langs U
opklim op die ewige rots.

©adéle theron
adéle  :grommit: