Author Topic: Dans met die rooirok  (Read 5258 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Dans met die rooirok
« on: November 15, 2018, 01:29:57 PM »
Ek het hierdie van Oom Randall Wiggan Raakgeloop. Dis die gekiedenis van sy gewide volksliedjie "Dans met rooi rok" Ook genoem Die Duidswes wals
Hy vertel die professor het in Loeriesfontein met 'n boer genaamd Klasie Louw (80+ oud) gesels. Hy vra toe vir Oom Klasie of hy liedjies uit die oorlog onthou. Ja se hy. Baie mooi liedjie wat hulle gesing het as hulle teen die duitsers in Suidwes moes gaan veg. Maar hy kan net die koor gedeelte onthou. So sing hy die koor gedeelte en die professor raak geintriseerd in die liedjie.
Jare later loop hy 'n oom genaamd Ben Spies raak in Heidelberg Transvaal. Die se ja hy ken die liedjie wat hulle geing het voor hulle Suidwes toe is om te gaan veg. Maar hy kan nie die koortjie onthou nie. En daar ontmoet koortjie en versies mekaar weer en Randall Maak die liedjie weer 'n volksliedjie.
Dis vir my 'n pragtige stukkie geskiedenis. Ek wen net ek het geweet wie die professor was.

Duitswes is lekker, Duitswes is goed.
Duitswes is vol van die boertjie se bloed.
Al trek ons sonder water, en trek ons sonder kos.
Dan weet ons die boertjies die gaan ons verlos.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Ons kommandantjie is ‘n klein Joubert.
Hy trek met ons haastig, hy trek met ons ver.
Hy trek deur die bosrand met ‘n grote gevaar.
Ons hempies is stukkend, ons broekies is klaar.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Klein kommandantjie en ‘n groot generaal.
Hulle trek met ons daar uit ou ver Wes Transvaal.
Ons drink eers ‘n sopie, dan gaan ons weer weg.
Dan gaan ons ook moedig teen die platpote veg.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

My diertjie die huil nou, haar hartjie die blus.
Haar soetlief is nie hier nie, maar ver in Duitswes.
Duitswes word donker, Duitswes word goed.
Duitswes word donker, van die Germanse bloed.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dans met die rooirok
« Reply #1 on: November 15, 2018, 01:41:46 PM »
Ag baie dankie vir die aandra hiervan Assie.  Dit is kosbare geskiedenis.  Ek sien in my geestesoog vir Randall sing en die klanke gaan soet af. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dans met die rooirok
« Reply #2 on: November 15, 2018, 09:08:08 PM »
By verre my gunsteling liedjie. Randall was my stiefbroer (proffie in teologie) se onderwyser in die Kaap baie jare gelede. Heelwat staaltjies gehoor  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dans met die rooirok
« Reply #3 on: November 16, 2018, 11:36:51 AM »
Oe, jy is nie van hier nie, jy is gestuur!  (Gesê van belangrike mense)   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dans met die rooirok
« Reply #4 on: November 16, 2018, 01:23:35 PM »
O genade nee PM. Nie naastenby nie! Stiefbroer - geen bloedverwant of gene  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dans met die rooirok
« Reply #5 on: November 17, 2018, 04:45:11 PM »
Dit is maar net tong indie kies.   :angel8:   Ons sê altyd:  ek is nie van hier nie hoor, ek is gestuur!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dans met die rooirok
« Reply #6 on: November 17, 2018, 09:17:21 PM »
 :icon_biggrin:  nie so-se-bore nie maar so- se-moer  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dans met die rooirok
« Reply #7 on: November 19, 2018, 05:44:46 AM »
 :icon_biggrin:   So gemaak en so laatstaan.
Om te weet is om te verstaan.