• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kan iemand dalk vir my se...

Started by Assie, November 15, 2018, 12:06:04 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hehehehe. Dinge in drie's werk nie altyd nie. Vra my. Skies ek hak vas op die toerdery by voorbaat. Ry ons die vreemde in en Outop se pratende atlasse (drie van hulle) is opgeline. Kom ons by 'n kruising klink dit so: No 1 beduie turn left, No 2 hou haar wyser en vertel ons moet right gaan. No 3 is nie links of regs van die regering en hak af met 'make a u-turn'.  Ek het hom later gesoebat om asseblief net een pratende altas stil te maak want ek gaan uitklim en my eie rigting inneuk.

Assie

#16
Ta Raaitjie mag maar praat oor toer. Wat 'n voorreg.
Ja daai pratende Atlasse.
Ons het hier so 'n Antie wat onbeskofte Afrikaans sing. Wil nou liewerste nie haar naam noem nie want dan gaan sy dalk eksepsie neem. Oupa se hulle moet haar gebruik om die paaie te voorspel.
Ek hoor haar al:
"In 100 meter, draai lings.
Draai NOU lings
DRAAI LINGS IN JOU MOER IN!
Jy moes lings gedraai het jou idioot, DRAAI OM."

:mumum:

PM

Ek weet darem nie so mooi nie, hulle smyt haar dalk by die venster uit, in die verkeerde rigting in.  :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek het al geleer, die boere vat niks ernstig op nie.  Hulle laat nie op hulle vloek nie. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

As jy 'n kleptomaan is, kan jy altyd iets daarvoor neem.
Om te weet is om te verstaan.

Assie

En as jy skitsofrenies is moet jy maar twee keer daaroor dink.

:mumum:

Antjie Patat

My oom het sy pratende besigheid, om pad te beduie, uit haar sokkies uitgepluk, en by die venster uitgeneuk, net na hy op n grondpad by die soveelste bloekombos, n "links" moes maak, terwyl die bestemming 35 km in n ander rigting was....
Dis wanneer paaie die opgedateer word nie... hy wou niks weet nie... sy le iewers in die stof en beduie almal om n "links" te vat in die volgende 20m.

Naas

#23
Ek kyk deesdae eerder op Google maps waar my bestemming is voor ek in die pad val. Dit verhoed dat die deurmekaar tannie se kortpad my deur Crossroads vat.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Daai tannie werk ook nie hier in Leeupoort nie.  Dit issie oppie mappie.
Om te weet is om te verstaan.