Author Topic: 'n Helmvlies of met die helm gebore te word.  (Read 5703 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Helmvlies of met die helm gebore te word.
« on: October 11, 2018, 05:04:31 PM »

Dalk nie 'n onderwerp vir elke persoon nie, maar as jy "arig" voel hieroor, gaan asseblief verder.


My pappie is in 1925 gebore, met die helm.  Daardie jare was dit gebruik om die "helm" te droog en te bewaar.  So gesê, so gedaan en ek het daardie helm wat al die jare in 'n sysakdoek bewaar is "ge-erf".  Hierdie jaar is dit 93 jaar oud. 


My vraag is nou - hoekom na al die jare is dit nog goed bewaar en het dit nie verkrummel en stof tot stof geword nie.  Ek vra maar net.  Wat dink jy?


Hier is foto's van 'n mama wat geboorte gee aan 'n baba wat met die helm gebore is.  As dit sensitief is vir jou, moet asseblief nie na die skakel gaan nie.  Ek dink dit is die wonder van die natuur. 


https://babyblog.nl/prachtige-fotos-van-baby-met-de-helm-op/




Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Helmvlies of met die helm gebore te word.
« Reply #1 on: October 11, 2018, 11:57:34 PM »
Groot geword met die term 'met die helm gebore' onder die delwersgemeenskap en die ampere magiese kragte wat toegeskryf was aan die 'gelukkige' persoon. Diegene sou dan ook 'voorbodes en dwalende geeste kon sien'. Dankie vir deel van die skakel mater. Heel insiggewend gewees  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Helmvlies of met die helm gebore te word.
« Reply #2 on: October 16, 2018, 01:55:19 PM »
Vandat ek hierdie bydrae geplaas het, het ek die vraag aan 'n paar mense gevra.  Een antwoord wat ek gekry het was dat dit nooit sal vergaan nie.  Nou, nooit is 'n baie lang tyd. 


My pappie het altyd voorbodes gesien en as dit gebeur het, het ons net gewag vir die tyding. 
Om te weet is om te verstaan.