• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

So lyk 'ek' ...

Started by Meraai vannie Baai, November 15, 2018, 12:40:15 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Mevrou Varkie het 'n foto gedeel by haar FB blad Mengelmoes wat my hart toetentaal en al gesteel het.  Nooit 'n foto gesien wat my as vrou (gees, siel en liggaam) so saamvat en weergee nie. Van die verweerde hout, kreatiewe blikbeker-blompot met rose en al. Hier is ek tuis. Hier hoort ekke.  Dit is my mees geliefde kleure bymekaar. Wonder ek nou hoe 'lyk jy' in 'n prentjie?


Naas

Yo!!!  Ta Raaitjie, dis skildermooi. Ek sien jou in die foto. Sonder fieterjasie maar tog gesortifiseerd en eenvoudig.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Daar was net iets soooooo bekends in dit Naas - gevoel ek kyk na myself. Vir jou sien ek in hout wat lewe kry onder bekwame hande  :icon_biggrin: :notworthy:

Meraai vannie Baai

Myself nou verkrukkeld gelag. Gawie se sy is 'n paplepel - sy stir orals waar sy gaan  :icon_biggrin: :bootyshake: :sign10:

PM

As jy vir liewe Heksie op haar besem gesien verbyvlieg het voor die maan, dan het jy my gesien.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

O my wereld PM, daardie gesiggie van jou op 'n besem gaan vanaand by my kom spook soos Naas se storie van die bruid wat waai  :headbang:

PM

Moenie die punthoed en die besemstert miskyk nie hoor.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#7
Sinkplaatgiggel ek alweer oor 'n gas se skouer. Wonder hoe sal ons deesdae lyk? Mos my eergeboorte reg om fotos te kan plaas verruil vir 'n paar snare en as julle gaan deel, is ek siendeblind en as ek nie nou by die boeke uitkom nie, faal ek meer as net my bloedtoets.

PM

Ek lyk nog steeds soos liewe Heksie, net 'n lang grys vlegsel wat stokstyf staan in die maan.  Ek gaan daai vlegsel afsny.  Laat my oud lyk.  :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

En ek is beslis 'n slow cooker. 38, vuurwarm maar kry niks gaar nie. Kry nie eers iemand wat wil roer met die lepel nie.
(sug)
Hy hoef nie eers die hele lepel te gebruik nie, die steeltjie sal genoeg wees.

:mumum:

PM

Foeitog Assie, het jy al die hoekie vir eensames besoek?  Dalk loop daar 'n vangs vir jou.  Hoop net nie die ou steek lepel in die dak nie.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons kan darem heerlik skerts tussen lyne ne. Ek wou nou 'n foto gaan soek om te pas by my huidige status van 'stief-oumagrootjie'. Meisiekindjie se stiefdogter het ons vereer met die status. More gaan oupa- en oumagrootjie die nuwelingetjie vir die eerste keer sien. So as ek stil is.. bla bla bla by die tyd ken almal al die storie as dit naweek raak ne!

PM

Baie geluk Stiefoumagroot!  :icon_biggrin:  Hoop die kleinding is pragtig en bring vir julle baie vreugde!
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ta Raatjie ly aan naweekstuipe.

:mumum:

PM

Ek is hier Assie.  Moet nou nie vir jou stout hou nie.  Jy moenie dink as ek my 0 draai kan jy kom stout wees nie.  :nono:


:icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.