Author Topic: Die ossewa  (Read 2639 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die ossewa
« on: November 12, 2018, 04:59:14 PM »
DIE OSSEWA
 
Woorde: JAN F.E. CELLIERS
Musiek: PIETER DE VILLIERS, 1977
 
Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke al drukkend hul skowwe,
hul dra dit getroos en tevree.
En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna--
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.
Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe--
en ver is die tog van die dag.
Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
dit knars in die knakkende knokke,
maar hul beur en die vrag bring hul daar.
So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder 'n held van die daad.
Hul bene, na swoege en swerwe,
lĂȘ ver op die velde verlaat.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Die ossewa
« Reply #1 on: November 12, 2018, 05:10:02 PM »
Ai swaarmoediheid die ossewa  :icon_scratch:  :icon_bigsmurf:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die ossewa
« Reply #2 on: November 12, 2018, 10:48:43 PM »
Een van ons voordra-gedigte op skool gewees. Lief dit! Diep, beeldende skepping van ons boerevolk  :love7: