• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die ossewa

Started by PM, November 12, 2018, 04:59:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

DIE OSSEWA

Woorde: JAN F.E. CELLIERS
Musiek: PIETER DE VILLIERS, 1977

Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke al drukkend hul skowwe,
hul dra dit getroos en tevree.
En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna--
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.
Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe--
en ver is die tog van die dag.
Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
dit knars in die knakkende knokke,
maar hul beur en die vrag bring hul daar.
So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder 'n held van die daad.
Hul bene, na swoege en swerwe,
lĂȘ ver op die velde verlaat.
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Ai swaarmoediheid die ossewa  :icon_scratch:  :icon_bigsmurf:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Een van ons voordra-gedigte op skool gewees. Lief dit! Diep, beeldende skepping van ons boerevolk  :love7: