Author Topic: Skoenmaker stillewater  (Read 3584 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Skoenmaker stillewater
« on: November 12, 2018, 04:08:41 PM »
SKOENMAKER STILLEWATER Woorde: EITEMAL
Musiek: CONRADIN KREUTZER;
verwerk: D. HYMAN
 
Ek klop-klop-klop van vroeg tot laat, my ysterlees word koud;
die mense dink, die stomme maat is met 'n skoen getroud.
Vir almal slaan'k my oë neer en kyk hul skoene aan—
hul reken ek wil weet wanneer ek elkeen kan beslaan.
 
Dan klop-klop-klop ek immer voort en lag hier in my mou;
maar meet die sonstraal sonder woord daar teen die hemelblou.
En as die maan hier bo my staan en al die mense slaap,
dan trek ek stil my kispak aan, so sedig soos 'n paap.
 
En trip-pe-trap-pe gaan my voet al langs die stille straat;
dan hoor ek hoe my eie goed, my sole met my praat.
En kom ek by die nooi'ntjie aan waar dof die vetkers rook,
dan voel ek sommer pure man--dié ambag ken ek ook.
 
Maar môre is my werkplek toe--ek wil past'rie toe gaan
en self die predikant vra hoe dit met sy sole staan.
En o ja, dom'nee, laat maar ook nou Sondag op 'n hoop
vir my en Griet van Onderdorp al drie gebooie loop.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Skoenmaker stillewater
« Reply #1 on: November 12, 2018, 10:51:09 PM »
Hoe kosbaar! Dolverlief op die ritme. Die ene smeek ook vir hardop voorlees.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Skoenmaker stillewater
« Reply #2 on: November 13, 2018, 03:23:33 AM »
Een van my ma se rympies.

Koen, Koen
Maak jy my skoen?
Ja Juffrou,
Dit sal ek doen.
Koen, Koen
Maak jy my skoen sterk?
Ja Juffrou,
Dit is my werk.
Koen, Koen
Is my skoen al klaar?
Ja Juffrou,
Betaal my maar.
Maar Koen, Koen
Ek het nie geld by my.
Jammer Juffrou,
Dan kan jy jou skoen nie kry.
Totsiens Koen.
Totsiens Juffrou sonder skoen.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Skoenmaker stillewater
« Reply #3 on: November 13, 2018, 05:10:14 AM »
Dit is te kostelik vir woorde. Liefffff die herhaalde vormdig. Pragtige voorbeeld. :notworthy: :book1: :icon_salut:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Skoenmaker stillewater
« Reply #4 on: November 13, 2018, 08:20:58 AM »
Ek onthou daai een van Ta Poppie nog goed. Sy het dit altyd vir ons opgese voor slaaptyd.



 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Skoenmaker stillewater
« Reply #5 on: November 13, 2018, 08:40:55 AM »
Ai Assie, wat 'n voorreg het jy nie gehad nie nooi! Sommer jaloers op mooi manier  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skoenmaker stillewater
« Reply #6 on: November 13, 2018, 11:43:34 AM »
Druk en nou 'n snik dat hy knik!  Een van Ouma Poppie se wonderlike gawes was om daardie gediggies of liedjies uit haar kop op te sê, maak nie saak hoe lank dit was nie, haar brein was helder en sy het altyd gelag.     :love7:    :love7:


Skuus, maar ek moes dit deel. 
Om te weet is om te verstaan.