• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom Patertjie

Started by PM, November 12, 2018, 03:36:26 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Volkspeleliedjies wat ons ook om die kampvuur of voor die klavier gesing het.   Verskoon tog as die reeltjies nie reg afgekap is nie. 

KOM PATERTJIE Woorde:
Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN

Kom Patertjie,
buig jou stywe dop
en volg jou nonnatjie in 'n kring,
want in die kring is ons so bly
en laat ons soms so lig verlei
om saam in die rondte te gly.
Draai ons en swaai ons tot laat in die nag;
hier sal ons nooit nie op ander laat wag.
Eerder sal ons hulle wakker laat bly
om hier tesaam in die rondte te gly.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Kosbare voorreg om weer deur die ou liedjies en verse te dwaal.

PM

Die woorde is soms effens anders, maar die deuntjie bly dieselle.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Treffend hoe streeksgebondenheid bydrae tot die variasies van hierdie ou skatte PM!