• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oudword is nie vir sissies nie

Started by Meraai vannie Baai, November 12, 2018, 12:46:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

*Kom vul aan asseblief  :book1:

Raakgelees:
Rice Crispies gebeentes - alles crack, snackle of pop as jy soggens opstaan.

Jy sien dit aan jou buitekant. Jou hare word grys en yl, jou middellyn sit uit en jou knieë begin kraak.

Alles pyn, wat nie pyn nie, werk nie.

Jou geheue, oë, ore en knieë is nie meer wat dit was nie. Mense bewonder nou jou persoonlikheid, en nie jou lyf nie.

Die glinster in jou oog is die sonlig op jou dubbellens bril.

Jy raak uitasem van kaartspeel.

Jou kinders begin vir jou middeljarig lyk.

Angelica:
Die ouderdomrotte byt aan my hakskene.

Naas:
Om alles te kroon kan ek nie eers uitsien na aftrede nie. My finansiele adviseer het my net laas week geadviseer dat ek op hierdie stadium ten minste vier jaar, dertien maande en sewe honderd dae na my dood nog sal moet werk om al my skuld af te werk.

:headbang: :icon_biggrin: :bootyshake:

PM

My grootste probleem is dat my snor weelderiger groei as Hannes s'n. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek maak lankal reg vir die ouderdom ding. Het al 'n loopring, 'n rolstoel, 'n stel valstande en 'n tweedehandse pruikie by Elmarie se werk gekry. O ja en 'n paar dosyn oumensdoeke wat ek uitgewas en in die spindroer droog gemaak het. Ek soek nou nog net 'n paar blou pilletjies maar hulle is maar skaars.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek is bly ek weet nou van die doeke, ek sal jou help bymekaarmaak.   :icon_biggrin: 
Jammer ek kan nie help met die bloupilletjies nie.   :dontknow:
Die vergeet is net so erg.  Ek moet dink voor ek kan antwoord wat my naam is.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Julle!! Ek het nou baie onvroulik gebulder diekant van die aardbol. Daar is so hier en daar 'n oudwordskeet wat my kleinkinders laat proes het en hulle het hard probeer om nie te voor ons te lag nie. Dit het glo geskied toe hulle Moederlief ingelig het oor oupa en ouma wat nou regtig oud word lol.

Ons koop kruideniersware en soos gewoonlik drentel ek net agterna. Outop pak in wat hy voor lus het om gaar te maak. My persoonlike goedjies pak ek in en dit wat ek vergeet haal hy van die rak af en pak in. Kom ek verby pakkies met gesnyde biltong maar op die Ausie manier gemaak en dit is afgemerk.

Dadelik pak ek sommer twee pakkies in vir padkos oppad huistoe. Outop nog besig om die pakkies in die kattebak te laai, toe skeur ek al die eerste pakkie biltong oop. Dit lyk bekend maar die geur is effe vreemd.  Die lus oorval my en ek prop een in my kies. Dit proe eintlik na niks. Vat tweede enetjie en dink my myself hierdie Ausies kan leer biltong en wors maak by ons.

Die tweede happie proe wragtag nes saagsels. Ek bied vir Outop ook aan en hou hom dop. Hy rol dit so van kies tot kies soos ek herkou aan woorde.  Ek vra hom of hy nie ook dink die goed proe pure houtsaagsels nie (nie dat ek regtig al aan hout geproe het nie).

By die huis gekom besluit ons nee wat, die goed gaan asblik toe. Bedink my en se nee wag, ons gee dit vir Meisiekind se hondekind.

Kom die mannetjies en woefter kuier en ouma dog ek gaan die hondjie bederf. Sy verwag dit half as hulle hier is. Sy swiep een pakkie Ausie biltong dat kleinkind later benoud raak en wil bere.

Hy vat die pakkie en ek waarsku dadelik moenie probeer nie my darling. Dit is pure hout.  Hy vat die pakkie en begin lees....

Toe kyk hy met so jammer uitdrukking na my en oupa. "Ouma, you know this is dog food?"

Ek en Outop gryp altwee na die pakkie en sluk swaar....... Really??????? Dog food???

Assie

Aai Ta Raairjie moet oppas vir daai goed. Oom Seekat Violjoen het so hondekos geeet maar hy is toe later in 'n motorongeluk op die dorp dood. Hy het in die middel van die pad gesit en sy lies gelek toe ry 'n motor hom raak.



:mumum:

PM

Ja, wees versigtig vir hondekos!   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sal die raat ter harte neem julle hoor  :toothy4:  agterna vertel Meisiekind ons sou wou dadelik die gedoente gaan uitblaker op FB maar toe dink sy dalk sal ons aanstoot neem en skaam kry  :icon_biggrin:

PM

Dit is een voordeel van oud wees.  Ons kan maar vir onsself lag.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Gawie skryf: Cecille Cilliers het eenkeer in ñ onderhoud gesê jy weet jy word oud as jy ñ trui aantrek en jou ma se hande kom by die moue uit. :headbang:

PM

Ek ken daai een.  Dit is hoekom ek nie  meer truie dra nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ooo allie ha!
Ek lees nou hier en besef ek word oud. Die oudword is nie regtig die probleem nie maar alleen hier oppie plaas het ek nog 'n paar of drie ongebruikte onderdele.

Dis nogal hartseer...
Ek raak nou so desperaat dat ek myself sommer aan Ta Stienie se Jood wil loop voorstel.
En Ta Raaitjie se Ausie boere begin ook al aantreklik lyk.
Wag laat ek my kalmeerpille gaan snuif voor ek iets onverantwoordelik aanvang.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Ek wil nou nie skinder nie maar ek het lanklaas so op my eentjie onvroulik gebulder van die lag. Tussen die gange dwaal ek vandag so kalm soos 'n verbode walmpie. Assie ek wonder of jy en myse Outop nie familie kan wees nie lol. Vra ons kampmater hom hoe gaan dit so halfpad tydens die toerdery, nuuskierig om te hoor of ons huis en haard mis natuurlik. Antwoord Outoppie: 'As dit enigsins beter gaan, gaan dit gevaarlik raak!'

Assie

Ek is so bly Ta Raaitjie is hier in die gange vanoggend. Ek dwaal al heel naweek alleen hier rond en speel gasvrou vir al die besoekers.

:mumum:

PM

Ek was baie besig met woonstel skoonmaak.  Die nuwe teels is in, maar alles was vol sement en sementstof.  My huurders sou gister intrek, maar hulle het nog nie die deposito inbetaal nie toe laat ons vir hulle weet, geen deposito en 1ste maand se huur nie, geen toegang nie.  Ek laat my nie weer vang nie.  Ek is nou te oud vir kindermoeilikheid.  Ek is darem nou hier. 

Om te weet is om te verstaan.