Author Topic: Artritis, JIG en Pyn  (Read 1979 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Artritis, JIG en Pyn
« on: November 11, 2018, 09:56:49 PM »
Versvriende
Dankie sommer nou al vir elkeen van julle wat kom saamkuier.

Ek dink aan Pyn. Hoe Pyn ons kan bekruip, ons omsingel en ons binnesypel. Soos ‘n groepie guerillavegters stil-stil in die donker ure van die nag.

Maar Pyn wag nie vir die nag nie. Laatmiddag kom sit hy op jou skouer. Dan fluister hy soet woordjies van bemoediging in jou oor. En jy ignoreer die eerste ragfyn tekens van die naderende onheil.

Dan, op jou swakste moment van rustigheid in die mees vredevolle ontspanningsuur soos skemer na ‘n warm dag, bespring Pyn jou weer. Slaan sy naels in jou vlees in … spuit sy gif soos ‘n heuningby s’n in jou spiere in.

Asof dit nie genoeg is nie, spoeg hy slanggif in jou gewrigte in. Teen die tyd wat jy jou asem terugkry, is Ta alweer op pad na sy volgende niksvermoedende slagoffer. En jy bly agter, soos ‘n gewonde soldaat wat nog steeds verdwaas na lug hap wanneer die guerillavegter tussen die bosse in verdwyn het.

Dan begin jou stryd. Die gif in jou longe sak sugtend vas en gee jou min kans vir asemhaal. Tussen jou werwels en in jou gewrigte gloei Pyn se druppels soos kooltjies wat rustig in jou kaggel lê en hitte uitstraal. Net, hierdie hitte bou op in koors en verswak jou weerstand teen die grenslose seer.

Jy sak weg in ‘n beswyming, en veg nie terug nie. Te dankbaar vir die newels wat jou afsny van gevoel. Maar iewers breek die lig weer deur en besef jy dat niks help nie. Jou spies is treurig teen die skerpste pylpunte waarmee Pyn jou vanaf die horison weer tref. Jy roep uit om hulp, jy skel en vloek.

Dan besef jy die diepte van God se Liefde. En in sy Omgee, vou Hy jou toe. Hy roep jou naam en wanneer jy jou hande oplig na Hom, stuur Hy Kalmte om jou hande vas te gryp. Jy veg nie meer teen die pylpunte van Pyn se lekkerkry nie, maar gee jou oor aan God se genade. Hy kalmeer jou spiere, gee teengif om die seer in jou hele lyf, te neutraliseer.

Met die Liefde waarmee Hy jou skouers om-karos, blaas Hy lewe in jou longe, gooi Hy water op die vlamme in jou gewrigte en tel Hy jou op sy skoot tot jy aan die slaap raak. In die diepste ontspanning, begin die middels teen Pyn werk. Dan vloei dit deur jou are na jou gewrigte en spiere en breek die guerillaveggees af tot niks. Maar jou geloof in Hom, hou jou staande, dag na dag na dag …

Dankie dierbare Here God, vir elkeen na aan ons wat saam met ons bid vir genade en krag vir elke dag se doel. Dankie dat U die veld en diere bewaar, want soveel te meer dra U ons, u kinders, oor die skeidslyn van beskerming teen die aanvalle van Pyn. Gee U aan ons uithouvermoë wat sonder twyfel die dag laat aanbreek en ons wys waar is die Lig, U Seun, Jesus Christus. Ons het U lief, Here. Amen amen Here.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Artritis, JIG en Pyn
« Reply #1 on: November 11, 2018, 11:16:23 PM »
Pyn is 'n nare nare ding mater en ons dra dit alleen. Jy kan noem dat dit ongemaklik/seer/ondraaglik is maar die intensiteit is nie voelbaar vir ander nie.  My wederhelf het nou besluit om homself te behandel met magnesium olie nadat hy 'n artikel op FB raakgesnuffel het toe sy hande hom erg begin opkeil het van die artritis-skete. Hy kan dankbaar getuig dat dit verligting bring. Ek is so dankbaar vir sy part want hy bring die brood en botter op onse tafel met daardie ynste pynende hande.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Artritis, JIG en Pyn
« Reply #2 on: November 26, 2018, 06:11:44 PM »
Dis goed so, dat dit vir hom verligting bring. Wonderlik! Chris het nou omtrent al alles wat vir enige ander help, probeer. Elke keer drie maande of langer, veral kruie-goed wat langer vat om in te skop, maar verniet. Sy jig spruit uit 'n oorerflike bron wat onuitputlik is  :dontknow:
Dit 'vergiftig' sy hele liggaam binne 'n uur of twee en dan help niks anders as 'n sterk dosis voltaren-kortisoon nie. Koors en verstywing van die gewrig waar dit vasskop, floute en delirium volg. Gelukkig gebeur dit nie so gereeld in so erge mate nie. Skielike spanning, humeur wat verloor en gesoek moet word, is 'n groot aanhitser  :crybaby2:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Artritis, JIG en Pyn
« Reply #3 on: September 20, 2021, 11:17:43 PM »
O daardie jig, jiggie jig, wat 'n pynlike afêre.  Die manne in my familie ly aan dieselfde pyne.  As iemand tog net raat het.
Om te weet is om te verstaan.