• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kieriekorting

Started by Meraai vannie Baai, November 11, 2018, 12:01:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Elle deel hierdie op FB en vra dat ek dit in die woordmandjie laai  :hello2:

Pensionarisafslag - Kieriekorting

Hoe lyk dit? Iemand nog 'n beskrywende woord vir die afslag?

Naas

Ek kan aan geen mooier word dink nie. Laai asseblief.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek stem heelhartig saam.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

 :icon_scratch: Ek verstaan nie mooi nie. As ou omies kieriekorting kry wat kry ou tannies dan. Of is nou weer blond?




:mumum:

PM

Jy sal vir oupa moet vra.  :color:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Amper verstik ek toe ek begin dink aan wat oumies kry  :toothy4:

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Dankie Oom Naas. Nou verstaan ek. As die kieries nie meer werk nie moet hulle stootrame gebruik en ou tannie het mossie kieries nie.
Oom is darem maar slim.

:mumum:

Naas

Ek sal maar moet plaas toe kom. Hier gesels ek en jy net met mekaar.

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :icon_biggrin: Julle twee maak my dag en nag. Gisteraand wou ek met alle mag verder kuier maar die ouvrou moet sorg dat sy in die kooi kom voor Outop die lig afsit en my mik weer uit is - my arme maermerries hou nie by nie.

PM

Is dit jou maermerries of jou nagmerries of is dit alby? 
Ek het ook nogal aan "stootraamkorting" gedink, maar nou ja, kruppelhuppelafslag kan ook werk.  Dankie tog ons kry dit!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hiehiehiehie, nee my maermerries wat in die slag bly PM as ek die afstand bed toe misgis in die springslag.

Naas

Is daar 'n verskil tussen kieriekorting en kort kierie.
Ek vermoed kieriekorting lei tot kortkierie.
Nou weet ek hoekom ou mensien so vooroor stap. Dis as die kierie te kort raak agv kieriekorting.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Dalk is dit al die jare op die lewenspad wat die kieries mettertyd laat korter word het, sommige dinge is nie gemaak om vir altyd te hou nie veral met misbruik  :dontknow: :icon_biggrin:

PM

Ek verstaan, as ek sekere advertensies teen die pale geplak sien, dat daar mense is met kort kieries, maar dit is nie te sê dat dit hulle laat kwalifiseer vir kieriekorting nie. 
Die outannie by die kasiere is lipklapgelukkig oor die korting wat sy kry.
Om te weet is om te verstaan.