• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tongknopers

Started by Naas, November 09, 2018, 11:38:41 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Se so vinnig as moontlik...

Wat weet wilde woelige Willemien van warm waatlemoene en wurms wat Willem Wabeke nie weet nie?

Leef Neef Nieuhout nog in die ware wilde weste?

Tante Tattie trou tien teen een teen die tiende

Sal Sannie en Sara Saterdag ses en sestig sade saai?

Sewe seemonsters swem elke Sondag in die see.

Drie dronk dansende duiwels dreun deur donker drome.

Daar dryf drie rolle doringdraad dwarsdeur die dam.

Nege nukkerige nagapies jaag nege jeukerige jakkalsies heelnag om die naboomboom.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek is bly dat hier niemand naby was toe ek hulle een vir een probeer het nie.  :angel4:

PM

Die tongknopers was nog altyd groot pret.  Dankie Naas.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

#3
Wie weet waar Willem Wessels woon
Willem Wessels woon waar woeste weste winde waai
Wie weet waar woeste weste wind waai
Woeste weste winde waai wes.


:mumum:

Meraai vannie Baai

Jare gelede by die ou forum het ons hierdie vervolmaak! Duisend dankie vir deel Naas. Jy is 'n ster.  :icon_biggrin: :`ip2:

PM

#5
Dit was omtrent 'n elle lange storie!  Onthou ek dit sooo goed. 


Die kat, die trap, die timmerman, die rooi, die kroes, die knak, die krulle van die trap.

Die kok die kook die bok se kop in die koper pot.


Ons het hierdie een ook gereeld probeer:
Die dooie dikke drommel druk die duiwel deur die dubbele doringdraad.
of
Drie ribbokramme spring dwarsdeur die drie dubbele doring draad.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het nog 'n paar gaan soek.

Vlekkie vreet vinnig van verskillende veeragtige voëltjies voordat verskillende veeragtige voëltjies vinnig verdwyn.

Swart slange seil stil sodat stadige skilpad saggies sal slaap.

My liewe neef Louw, my neus jeuk nou.
Jeuk my liewe neef Louw se neus ook nou?

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek klink dronk en baie onheilig  :icon_biggrin: :headbang:

PM

Jis, ons het hierdie een stukkend gespeel.   :headbang:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Jy kan maar stadig ook probeer...
Kameelperd kalmeerpil.

:mumum:

PM

Kameelperd kalmeerpil laat die kalm bulle tril.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Verkrukkeld gelag en bitter dankbaar ek is alleen in die pandok vanoggend  :icon_bigsmurf:

PM

 :icon_biggrin:   Die lewe is 'n lied.  Mens moet net die deuntjie leer. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

In SA is die lewe 'n rap.
Hier kiep kiep
Daar steel steel
En woerts uit die tronk uit...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ag nee my liewe vriend, hulle maak nie eers die tronkselle nie.  Belastinggeld word gesteel voordat die taxman daaraan kan raak.  Waar dink jy moet die geld vandaan kom om hulle te onderhou! 
Om te weet is om te verstaan.