Author Topic: Onderwys  (Read 2985 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Onderwys
« on: November 08, 2018, 06:37:07 AM »
Net onderwysers sal die verstaan!

Soos ‘n poep in ‘n nagrok…

Dis die derde periode, die een net na pouse. Ek het alklaar krisis beheer toegepas na ‘n klomp seuns van buite af op my tafel afgestorm gekom het soos ‘n toneel uit Jurassic Park. Hulle is nog nat gesweet, met ‘n sokkerbal onder die arm. “Juffrou, mag ek badkamer toe gaan?” Die logiese en regverdige deel van my wil gil: “DIT WAS NOU NET BLERRIE POUSE!”, maar ek het al geleer… Sekere oorloë kan nie gewen word nie.

Na ‘n gesukkel en omkopery kry ek uiteindelik ‘n vorm van ‘n boek uit hulle tasse en op hulle tafels. Ek is nie geflous nie – ek weet met nadere inspeksie sal ek vind dat twee of drie ‘n Biologie-boek is en êrens skuil daar definitief ‘n Wiskunde-werkkaart wat onder uitgeloopde Fanta deurgeloop het, maar ek is dankbaar vir die feit dat hulle ten minste nog PROBEER om vir my te lieg. ‘n Optimis sou sê dit tel as vordering. My ma sou sê dis blerrie onbeskof.

Ek haal diep asem en met my whiteboard-marker staan ek gereed. Gisteraand half elf was ek nog besig om prentjies te soek van zombies (grillerig genoeg dat hulle moet dink dis cool, maar nie te grillerig dat ek ‘n histeriese email van ‘n vegetariese ma kry nie). My PowerPoint is foutloos – jy kan van dit af eet. Dis ook tien teen een die rede waarom ek nog single is; watter man gaan aan die slaap raak met sy vrou wat met haar laptopskerm in sy oë skyn of hom wakker maak met die vraag: “Liefie, wat is Fortnite?”

My stembande vibreer soos ek my juffrou-stem projekteer: “Reg! So, ons trek nou by hoofstuk 8… Hoekom het Liza vir Jake met die bord gegooi?” Hulle kyk my aan asof ek vir hulle vra waar Dawid die wortels begrawe het. Hulle oë is glaserig, soos die van ‘n fonteinpadda wat in hoofligte vaskyk.

“Agge nee, man! Ons het gister hierdie deel gelees!”

Skielik skiet daar ‘n hand op. Prys die Heer met blye sang!

“Ja, Liam?”

Sonder huiwering – “Juffrou… Hoe laat begin die volgende periode?”

Dit voel of ek twee krokodille gelyktydig kan borsvoed. Ek herinner myself dat ek nie nou aan ‘n hartaanval kan sterf nie – ek het nie een van my mooi panties aan nie en as hulle my hier op die grond moet kom optel, skaam ek my dood vir my grys gevaarte met die vaalgewasde pienk blommetjies op wat ek vanoggend aangetrek het.

Ek haal diep asem en draai woordloos om. Party giggel en ek kan ‘n onderlangse “idioot!” uitmaak. Ek lig my hand (en my oë op na die berge) en begin die antwoord op die bord skryf.

Iewers tussen ‘n “i” en ‘n “e” tref dit my. My neusgate brand en my broodjie wat ek pouse afgewurg het, dreig om na die oppervlak te kom. Dit ruik soos ‘n verwaarloosde straathond wat op die strand in die reën rondgehardloop het en toe in ‘n drie dae-oue rob-karkas gaan rondrol het.

Iemand het gepoep.

Ek draai so vinnig om dat ek skoon lighoofdig is (alhoewel dit ook moontlik van die reuk kon wees). Ek gluur oor die see van verskrikte oë. Wanneer my woorde uitkom, is hulle kort en kragtig.

“Wie. Was. Dit?”, sis ek.

Stilte.

Wat voer hierdie ouers hulle kinders? Geen gesonde wese kan so ‘n reuk produseer sonder om medici, die kerk en die weermag bekommerd te hê nie.

Die skuldige het verdwyn soos ‘n poep in ‘n glyerige nagrok.

“Ek kan nie glo ek moet vir ‘n klomp veertien-jariges verduidelik: JY KAN NIE POEP IN ‘N BEKNOPTE SPASIE NIE! Het jy GEEN maniere nie?! So, nie net moet ek Afrikaans in jou klapperdop probeer kry nie, maar ek moet vir jou maniere ook leer??”

Almal draai soos een man na ‘n rooikop kind agter in die hoek van die klas. Hy sweet soos ‘n ou tannie by ‘n Bobby van Jaarveld-konsert. Hy moet nog in sy ore en sy blazer ingroei.

“Max, was dit jy?”

Sy oë vlieg heen en weer. Sy hele menswees skree: “Help!”. Myne ook.

“Uh…Uh… Nee. Juffrou.”

“Nou as dit nie jy was nie, wie was dit?”

Sy senu-sweet vorm al ‘n plassie onder sy stoel.

“Ek weet nie, juffrou.”

En hy laat sommer nog een vry onder die druk van die oomblik.

“Nou as jy nie weet nie, wie gaan weet?”

Die kinders om hom se oë begin traan. Een se neus raak aan die bloei. ‘n Ander een sou later sweer dat hy daardie dag na die trauma van bloedgroep verander het.

“Nee, sies man! Gaan badkamer toe en kom terug as jy beter voel.”

Die kind staan op en loop met Steve Buscemi-oë by die klas uit. Ek haal diep asem, maar hierdie keer maak ek seker ek doen dit in die rigting van die deur. Die oopmaak daarvan bring ‘n verwelkomde vars briese wat my van die afgrond van omslaan keer. Weer draai ek om, met my rug na die klas en skryf verder op die bord.

Terwyl ek skryf, met die laaste bietjie vertroue in die jeug van vandag, vra ek: “So, wie kan vir my sê hoekom Liza vir Jake met die bord gegooi het?”

Ek draai om met die verwagting om ‘n klomp ywerige hande in die lig te sien. Ek is teleurgesteld. Net een.

“Ja, Liam?”

Geen huiwering.

“Juffrou, jy’t nog nie gesê hoe laat die volgende les begin nie.”



En dis hoekom ek drink

Posted by NADIA on AUGUST 22, 2018
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Onderwys
« Reply #1 on: November 08, 2018, 06:42:29 AM »
Het hierdie anderdag raakgelees op die gevreetboek en baie dankbaar gewees ek is nie in die onderwysberoep nie. Wou dit nog met juffrou Gawie deel en toe skoon vergeet. Kon nie weer opspoor nie. Dankie baie baie vir deel met ons Anton  :headbang: :icon_biggrin:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Onderwys
« Reply #2 on: November 08, 2018, 07:32:35 AM »
Ek het nogal baie aan Naas gedink toe ek dit lees.
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Onderwys
« Reply #3 on: November 08, 2018, 07:41:24 AM »
Ek dink veral deesdae met die politieke situasie moet ons die hoede lig en kniege knak vir hulle wat in onderwys betrokke is. Nagmerrie op sy beste!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Onderwys
« Reply #4 on: November 08, 2018, 11:16:09 AM »
Ek is nou 50 km van die werk en het 'n saamryklub. Twee vrouedosente en een mansdosent ry saam met my om petrolkoste te deel.
Maak een van daai vroue eergister-oggend haar kosblik in die kar oop en begin eet. Daai vrotvleisoukoswalgwalm slaan my neus bottoe dat ek met asmalonge en al glad nie kan asem kry nie.

Skielik besef ek dat dit die rede is waarom die beesmis op die plase soggens so in die hard in die kar kom gil. Volgende keer draai ek maar die ruite oop want smaak my die beesmisreuke ontstaan in my motor


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Onderwys
« Reply #5 on: November 08, 2018, 12:39:39 PM »
Oi joi joi! Ek het nie woorde nie. Kan my net indink hoe gefrustreerd jy moet voel. Hier is 'n drukkie vir jou ou mater van ons.