• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Maanligsonate

Started by Ans Botha, October 24, 2018, 10:03:44 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

Maanlig Sonate

vanaand wil ek vir jou kaalvoet dans
op die maat van
Beethofen se Maanlig Sonate
op die groen van die gras

daar wil ek jou uitlok
verlei na plekke waar
storm winde ons harte word
rivierstrome in ons are vloei

ek wil jou arms om my voel
jou hande onrustig soekend
om my onstuimige liggaam
saam met jou liggaamlike ritme woel

ek wil die stormwinde trotseer
saam met jou
die rivierstrome aandurf
saam met ons polsende harte

maar die maanlig sak
die sonate het ophou speel
die storms het bedaar
die rivierstrome het weer bloed in ons are gepomp

nou is dit weer net ek alleen
in die hemelse natuur
met die oggend geluide
saam die sonsopkoms

©ANS BOTHA      15/06   8:14






PM

Jou gedig spreek van heimwee.  Pragtig gedoen Ans. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Baie mooi.  EK het dit sommer op die kampforum gaan plaas  :headbang:
Kamp is koning!

PM

Kan jy asseblief 'n skakel daarheen plaas.  Almal sal graag daar wil gaan kuier.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Jip, seblief Anton  :love7:
baie mooi Ans
adéle  :grommit:

Ans Botha


Ans Botha

Probeer om met my foon vir julle 'n boodskap te stuur maar die foon werk nie vir my nie. Baie dankie Anton en PM. Wat is Kampforum?