Author Topic: Kom saai die Saad  (Read 1684 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Kom saai die Saad
« on: October 21, 2018, 08:38:02 PM »
Goeie mooi môre, liewe vriende

Dis ‘n tyd van verskille soos hierdie wêreld al baie beleef het. Droogte en oorstromings, storms wat verwoestings in dorpe saai; tsunami’s en orkane, en vergane vlaktes in ongekende droogtes.

En net so gaan dit in ons lewens ook. Emosies wat wipplank ry tussen geluk en hartseer, lag en trane, vreugde en verdriet en helaas, onrus en vrede. En hoeveel daarvan verwoes lewens? Ek kan honderde voorbeelde noem, maar die een is so sprekend soos die ander en almal kom neer op die sonde waarin ons verval het. Die aarde wat deur satan oorgeneem wil word en alles wat hy probeer om ons van ons VaderHeer af weg te trek.

Maar ons vreugde gaan vir ewig wees. Ons word nie weggetrek van God, solank ons in Hom glo met ons hele hart, met ons hele siel en met ons hele verstand nie. En daarby moet ons net ons naaste soos onsself lief hê. Dis eenvoudig net nie moontlik vir die duiwel om ons dan in sy mag te kry nie

Dis egter nie in sy aard van vernietiging en haat, om op te hou probeer nie. Want hy kry dit met baie reg. Soos saad wat op harde grond langs die pad geval het en vertrap is, so hoor mense die Evangelie maar glo dit nie. ‘n Volgende groepie luister wel met blydskap en glo, maar vergeet gou daarvan wanneer hulle weggelei word deur versoekings.

Dan is daar die ongelukkiges wat ook die Woord hoor, maar die lewe se plesier en genot verkies, lewe soos die wêreld hulle vertel reg en lekker is. Dis hulle wat soos die saad is wat tussen dorings en distels val in lande wat nie bewerk word nie, en dan verstik in die onkruid. Hulle glo wêreldse sienings dat jy jou lewe moet lei soos dit jou gelukkig maak; glo dat jy maar mag leef soos wat jy wil, want almal maak so. Hoe hartseer is dit nie?

Maar dan juig die engele ook saam met ons wat so naby God leef, Hom nie vergeet. Elke dag vas hou aan die Soom van Jesus se Kleed, want ons is soos saad wat gesaai is waar die lande omgeploeg is en die goeie grond klam is, om die saad te laat wortel skiet.

Daarom, liewe vriende, moet nooit julle lewensgrond verwaarloos nie. Hou dit klam en voed dit gereeld met die Woord, soos wat jy plantvoedsel aan jou potplante gee. Hou jou lewe skoon van onkruid en vermy versoekings, sodat jou geloof se wortels net dieper en sterker kan word en jou dissipelskap aan almal om jou wys en vertel hoe vol genade Christus se Evangelie is.

As jy sien ‘n plek of fliek of opvoering of geselskap is gelaai met ouderdomsbeperkings, bly daar weg. Makliker nog, as jy Christus nie saam met jou iewers kan invat nie, draai om en gaan terug na die plekke waar kindertjies welkom is. Christus het gesê ons moet glo soos klein kinders, weet dus dat waar hulle welkom is, sal jou geloof ook versterk word. Luister na die Stem in jou binneste wanneer jy teen God se Wil wil ingaan, sodat Hy jou nie later oorgee aan jou aardse begeertes nie.

Gaan dan heen, gaan leef sy vrede sigbaar uit sodat almal kan sien hoe hy jou beskerm teen die bose.

Groete op hierdie mooi dag.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom saai die Saad
« Reply #1 on: October 22, 2018, 09:17:47 AM »
Dankie vir 'n mooi lewensles vriendin.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom saai die Saad
« Reply #2 on: October 22, 2018, 11:28:44 AM »
 :love7:
adéle  :grommit: