• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wag vir die visdief

Started by Meraai vannie Baai, October 04, 2018, 01:22:16 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek is al moedeloos en neig na moord pleeg  :toothy4: dem visdief het gemaai onder my goudvisse en die varswaterkrefies in ons pond. Hy het hom leeggevreet. Die laaste twee dae kry ek hom weggehou van ons watergaatjie met 'n visstok en kuns aas vissie. Smaak my hy weet wat dit is en ook wat goed is vir hom! Weet nie wat ons bure dink nie maar tot nou toe werk die stok met sy plastiekvissie baie goed.



Die ander gevlerkte vriende verjaag die visdief... hulle self al gaaivol vir die kalant!



Almal stel voor ons moet sifdraad oorspan maar weens die grootte van die ponlockie gaan dit 'n gedoente afgee en ek is so bang dat my waterlelies gaan skade kry. Die eerstes is juis nou in blom.










PM

Kom wys!  Kom wys die waterlelies!


Ek verstaan daardie moordende neigints hoor.  Hier wil ek net maai onder die bobbejane wat alles verwoes wat voorkom.  Ek het die mooiste varings langs ons dammetjie, al vir 4 jaar.  Toe ons tuiskom na 'n aankopesessie is al my varings uitgeruk.  Net uitgeruk!   :munky2:



Om te weet is om te verstaan.