Author Topic: As hoop wegraak  (Read 1639 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
As hoop wegraak
« on: September 23, 2018, 09:20:47 PM »
Liewe Versvriende,

Die weervoorspelling gee vooruitsigte waarop ons net kan hoop. Ja, reën vir die droë weivelde. Maar, as ons nie kan hoop nie … dis dan ‘n derde van ons innerlike emosies. Is geloof, hoop en liefde nie deel van ons lewe nie? Maar as ons een daarvan verloor, wat bly dan oor? Want elkeen is verweef in die ander.
Dawid het eeue gelede gevra: Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig. (Ps 143:8) En as ons in God glo, en bly glo, raak ons geloof in Hom net sterker, ons hoop net groter en ons liefde net dieper.

Die reën het oor ons dorpie uitgesak, en oral om die dorp ook. En volgens berigte ook oor Natal, en elders ook. Waar ons Vader dit ook al wou, daar het Hy dit beplan. Eeue gelede al. En wat doen ek en jy … sê ons dankie?

Ja, vir daardie tye van droogte sê ons dankie vir elke druppel vog. En vir hulp wanneer ons dit vra, ook. Wanneer ons soos Dawid vra: Red my van my vyande, Here, want by U skuil ek (Ps 143:9)

Dan kom die dae wat ons vergeet om dankie te sê. Dankie vir daardie tye wat ons gehelp word, wanneer ons  eers agterna besef hoe en hoeveel God ons teen ongeluk en ongelukkigheid beskerm het. Laat ons liewer soos Dawid sê: Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie (Ps 103:2)

Leef in geloof. Juig elke dag oor sy goedheid en genade, want … Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde (Ps 103:8) Om sy vreugde in jouself te vind, te laat wortelskiet, gee vrede ongekend. Niemand kan geluk vind op enige plek of by enigiemand, as ons dit nie eers in Geloof in Christus gevind het nie.

Here Jesus, kom tel my op, asseblief. Leer my en lei my deur elke dag, elke uur. Gee my die onthou om elke sekonde vir U dankie te sê, in woord en daad. Amen, amen Here.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As hoop wegraak
« Reply #1 on: September 26, 2018, 06:47:16 AM »
Ons het gister so welkome reentjie gehad. Ek buite in die tuin gesit en oor en oor net dankbaar gewees. Mens probeer natlei maar waterpryse so duur dat ek net die groot struike aan die lewe probeer hou. Die grond het al oopgebars van droogte sniksnik. Die arme boere.