• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Aarbeikonfyt

Started by Bestuur, July 01, 2011, 12:49:59 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Bestuur

Toe ons by Lox en sy vroulief gaan koffie drink het,  het hulle vir ons elkeen 'n botteltjie aarbeikonfyt gegee.  Dit is heerlik.  Lekker dik konfyt wat nie van die broodjie na jou skootjie toe gaan nie.  Lox het nog ander produkte ook.  Hy kan dit in Centurion laat aflewer waar ek dit kan afhaal.  As een van julle nog daarvan wil bestel sal ek bly wees as julle hier kom sê wie wil wat hê en hoeveel daarvan.
Lox, kom plaas asseblief die inligting hier. 

PM

Hannes is mal oor die konfyt Lox en hy bestel sommer klaar 12 botteltjies.  Gee asseblief die grootte en die prys en ook watter ander produkte julle het. 
Om te weet is om te verstaan.

Lox

Die aarbei konfyt waarvan PM praat is in glas bottels.

die klein bottels is 350 gram en 290 ml inhoud, die grotes is 510 gram en 375 ml inhoud

dis 'n swak foto maar dit lyk min of meer so

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

En daar het ons dit nou, sommer weer 'n forum om mee te speel!   :hello2:
Dankie vir die inligting Lox.  Die ouens kan nou kom sê of hulle ook wil hê. 
Om te weet is om te verstaan.