• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Diere en hulle dinge.

Started by PM, September 23, 2018, 12:58:07 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek sal dit waardeer as julle 'n bietjie help en foto's en inligting van diere of vogels in julle area hier kom  plaas.

Raaitjie, julle het die mooiste vogels en dit sal wonderlik wees as jy dit met ons deel. 

Begin 'n nuwe onderwerp asseblief. 


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek sukkel my alie af met die laai van fotos PM. Het gister probeer en die wieletjie steek vas op 90% afgelaai sniksnik. Die kookaburra's het hulle baba kom leer bad/visvang in ons watergaatjie. Ek het net Outop se pilletjie (tablet) by my gehad en moes wegkruip om hulle af te neem. Dit was sooooooo kosbaar. Kleinding amper homself versuip hahahhaha maar hy het gebad. Of hy 'n vissie kon aas weet ek nie. Gee ook nie om nie. Die groot wit visdief het in alle gevalle alreeds 28 van my goudvisse in sy pens. Ek het al moordgedagtes diekant van die aardbol.

PM

Ek is so jammer.  Sal jy later weer probeer?  Hier by ons was dit langnaweek en Gerhard verjaar die 25ste, so, ons het 'n geweldige besige naweek agter die rug.  Ons kry nog mense die naweek en ek is al raadop met die spyskaart. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai