Goeie more maters!
Ek moet vanoggend weer die pad aandurf lughawe toe, afskeid neem van my vroulief en 2 kabouters en dan die groot gevlerkte motor klim.
Gelukkig is dit net vir 'n week, maar dit gevoel gewoonlik soos 'n ewigheid en tel ek al klaar die dae af om weer by die huis te kan wees waar my hart is.
Ek vlieg soos laas Antananarivo toe, oornag vannaand daar en more verder Noord-Wes na Majunga toe. Orrnag Sondagaand in Majunga en dan klim ek Maandag oggend die klein gevlerkte motor suidwaarts na Besalampy garnaal plaas waar ek die res van die week gaan deurbring - daar is NIKS!
Ek sal Vrydagaand weer op OR Tambo land.
Moet my tog nie teveel verlang nie
Ek sal darem 'n bietjie aan julle dink.
'n Lekker week vir almal!