• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Marakele en Segekok

Started by Anton Louw, September 19, 2018, 09:07:05 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Trippel WOW's!!! Ek kom terug, en gaan Outop saamsleep vir hierdie oogfees. Anton jy is 'n doring kampmater!
:hello2: :notworthy: :icon_salut: :toothy4:

PM

Baie dankie vir die toer Anton.  Eerstens wil ek jou komplimenteer met die mooi Afrikaans en keurige spelling.  (As my gatseggies nou gewerk het, het ek die buiging gedoen.)

Ons was 'n paar keer daar, maar dit was ernstig droog en ons het geen diere gesien nie.  Dus was ek baie verbaas toe ek die mooi foto's sien wat jy geplaas het.  Ons sal beslis weer gaan.

As jy van Brits af kom, plus minus 110 kilometer, kry jy Koedoeskop.  Van die hoofpad af sien jy net Obaro, en 'n paar klein winkeltjies. Volgende keer stop jy by daardie vulstasie om brandstof in te neem.  Dit is heelwat goedkoper.  By Obaro kan die ouens wat diesel gebruik vir 'n rand minder diesel inneem. 

Net daar is die afdraai na Bela Bela waar julle  indraai om vir my en Hannes te kom kuier.  10 Kilometer verder is Leeupoort Vakansiedorp.  Ons verwelkom altyd besoekers. 

Ek hoop jy het nog foto's.  Hoe lank kamp julle daar?
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Ag ek is bly julle geniet dit.  :hello2: 
Ek moet net noem dat alhoewel ek die stuk inmekaar gesit het, die foto's en bewoording van Deon Geyser is (Seg - ek - ook) wie laas week by Marakele gekamp het.   Ek wag nog vir dag 3 en 4 om die 2de gedeelte te doen.
Kamp is koning!

Anastasia

My dogter is in 2005 daar getroud.  Mooi plek
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Elizabeth Kungl

Wow Anton, dit is pragtig.  :bootyshake: Ek reël toere na Marakele en gaan dus baie soontoe.
EK

Anton Louw

Watse toere?  Waar? Hoe werk dit?    :icon_bigsmurf:
Kamp is koning!

Anton Louw

Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Weereens heerlik saamgetoer. Lig die hoed en knak my knieg.

Anton Louw

Kamp is koning!

PM

Ag man, jy is 'n ou staatmaker.  Dankie vir die pragtige inligting en foto's.  Ek sal nooit weer my neus optrek vir Marakele nie.  (Lag)
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Kamp is koning!

PM

Dis naweek in Leeupoort.  Langnaweek.  Dit is 'n wonder dat ek 'n plekkie op die internet kon losslaan, al vat dit 'n ewigheid om 'n plasing te doen.
Dankie vir die les.   :icon_biggrin:   Die volstruisles.  Jy weet mos wat is 'n volstruismannetjie.  'n Volstrond, en 'n wyvietjie?  'n Volmaak!   :icon_biggrin:


Die vlakvarktanne is beslis die grootste wat ek nog aan 'n vark gesien het.  Maggies, dit is isdrukwekkend.


Ek is so jammer dat julle toer nou op 'n einde is.  Ek het die inligting en die foto's geweldig baie geniet en waardeer jou inset.  Baie dankie Anton.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jou opmerking oor die volstruise het my weer 'n sinkplaatgiggel gegee PM  :headbang: :angel4:

PM

Al die foto's is so mooi Raaitjie.  Marakele is net so 100 km van ons af.  Ons was al 'n paar keer daar, maar ons het niks gesien nie.  Dit lyk my die inding is om daar te gaan kamp en 'n paar dae daar te spandeer.  Ons sal beslis 'n plan maak. 
Om te weet is om te verstaan.